ʼn Langverwagte “nuwe” Beatles-plaat, geskep met behulp van kunsmatige intelligensie, sal volgende week op 2 November vrygestel word.
Lees meerAlles vir Donderdag 26 Oktober 2023
Ditsobotla brand terwyl ministers sloer
“Brand-, elektrisiteit- en watertoevoeronderbrekings en ’n magdom ander diensleweringsprobleme loop die gevaar om die bietjie wat in Ditsobotla oor is, te vernietig. Dringende en onmiddellike optrede is nou nodig.”
KFC Lesotho sluit weens voëlgriep in SA
KFC in Lesotho is genoop om al sy restaurante te sluit weens voëlgriep wat in Suid-Afrika uitgebreek het.
Sewe sterf tydens ‘boendoegeweld’
Die polisie in Mpumalanga is besorg oor talle voorvalle van boendoeverhore wat tot sterftes gelei het.
Bela-wetsontwerp in parlement aanvaar
Tans kan beheerliggame finaal oor skole se taal- en toelatingsbeleid besluit, maar hierdie wetsontwerp stel voor dat dié mag voortaan by die provinsiale hoofde van onderwys moet berus, met ander woorde by politieke aanstellings.
ToekomsVenster: Hoe lyk jou emosionele gesondheid?
Hoe gesond is jy emosioneel en wat doen jy daaraan?
SA Rugby glo in Bongi se integriteit
“Bongi Mbonambi is ʼn ervare en gerespekteerde toetsspeler en het, nodeloos om te sê, die bewerings uit die staanspoor ontken.”
‘Grensverskuiwende’ uitspraak oor ouerskapverlof se gevolge ‘verreikend’
“Hierdie saak het intense debat en uiteenlopende menings oor die meriete daarvan ontketen en sal ‘n beduidende impak in die werkplek hê.”
ANC-steun daal tot 45% – peiling
Die ANC het nog nooit minder as 50% van die stemme in ʼn nasionale verkiesing gekry sedert die aanbreek van die demokratiese bedeling byna drie dekades gelede nie.
Luister: Jong kultuurbeweging skep, sing saam in Afrikaans
Hoewel die groep tans oor die wêreld versprei is, probeer hulle steeds gereeld saam musiek maak wanneer hulle in dieselfde provinsie is.
Interdik teen TikTokker oor ‘vals rassisme-bewering’
ʼn Strafregtelike ondersoek staar ʼn Suid-Afrikaanse TikTokker in die gesig nadat sy glo vals bewerings van rassisme teen drie jong mense gemaak het.
Mening: Wêreldrugby se grootse planne kan nadelige finansiële gevolge hê
Die vernaamste aankondiging van Wêreldrugby was stellig dat die klubs (en franchise’e) se kalenders nou met dié van die internasionale wedstryde duidelik belyn sal word met afgebakende tye waartydens spelers vir internasionale verpligtinge vrygestel sal word.
Spreek met integriteit, luister met onderskeiding
As gelowige meningsvormers behoort ons skerper te formuleer, maar as gelowige hoorders behoort ons ook fyner te luister sodat ons die subtekste kan onderskei.
Nieu-Seelandse stad ‘gemartel’ deur Celine Dion-liedjies
Mededingende motors staan geparkeer terwyl die musiek soggens tot 02:00 oor die luidsprekers blêr.
Gʼn skrumskakel op Bok-bank? Moenie bekommer, sê Jacques
Cheslin Kolbe sal as dit moet Faf de Klerk se skrumskakel-skoene kan volstaan.
Beurtkrag bly opgeskort
Suid-Afrikaners se ligte is nou al byna ʼn week lank ononderbroke aan.
Alle nuwe ouers nou geregtig op vier maande ouerskapverlof – hof
Die Konstitusionele Hof moet nog die uitspraak bekragtig en die minister kan ʼn voorneme te kenne gee om daarteen te appelleer, maar die Johannesburgse hooggeregshof het die parlement twee jaar gegee om tekortkominge oor ouerskapverlof in wetgewing reg te stel.
Laat dié dekking die gate toe stop
As jy al ooit moes eis van jou medies, weet jy daar is baie gevalle waar hulle nie alles dek nie. Dis hier waar gapingsdekking inkom, skryf Leon-Ben Lamprecht.
Kampi.co.za: Karavaanverhurings – ʼn nuwe inkomstebron
Karavane, wat dikwels geassosieer word met avonture en gesinsvakansies, het nou ‘n nuwe doel gevind as waardevolle bronne van ekstra inkomste.
Taaltoffie: Oor donshaelwoorde in Afrikaans
Ons is almal maar skuldig daaraan om woorde te gebruik wat ʼn gerieflike vaagheid meebring. Dink maar aan alles wat almal deesdae wil ‘aanspreek’.