Die jongste voorval in die gesogte woonbuurt hou glo nie verband met aktiwiteite van ʼn vermeende brandstigter wat dié gebied teister nie.
Lees meerAlles deur die skrywer Megan Swart
Valke maak deurbraak in reusebedrogsaak
Eusuf Fehaaz en David Larkan word daarvan beskuldig dat hulle in 2017 die Nywerheidsontwikkelingskorporasie uit sowat R35 miljoen bedrieg het.
Oud-weermaglid gevonnis ná kind se verkragting
Die staatsaanklaer het die hof gevra om nie van die voorgeskrewe minimum vonnis van lewenslange tronkstraf af te wyk nie, aangesien Fani Pehlelolo Segole nie net as ʼn leier in die gemeenskap gesien is nie, maar ook omdat kinders na hom opgesien het as ʼn vaderfiguur en hy daardie posisie misbruik het.
Man vas wat hom as Valke-lid voordoen
ʼn Voorlopige ondersoek dui daarop dat die 52-jarige verdagte wel byna 30 jaar gelede ʼn polisiebeampte was, maar in 1993 uit sy amp bedank het.
25 jaar vir seun wat ma vermoor
Ruan van Heerden was maar net 18 jaar oud toe hy sy ma 36 keer met ʼn mes gesteek het en toe sy aandag op sy pa gerig het.
Nog renosters gestroop ná mans borgtog kry
Drie renosterstropers is Dinsdag ʼn swaar straf opgelê nadat van hulle in twee afsonderlike voorvalle met gestroopte renosterhorings in die Krugerwildtuin betrap is.
Laerskoolleerders beseer toe bus se band bars
Sowat 50 leerders was die aand op pad huis toe ná ʼn vriendskaplike rugbywedstryd in Hartbeespoort.
Man gestraf wat diere in wildtuin probeer stroop
Sam Khoza (47) en sy twee makkers se planne is in die wiele gery nadat ʼn wildbewaarder hulle in die Krugerwildtuin betrap het.
Vermeende US-verkragter eers weer in Junie in hof
Die betrokke manskoshuis, Majuba, het intussen gesê hy is met afgryse gevul oor een van sy inwoners se betrokkenheid by hierdie saak.
‘Vreemde verspreiding’ van aappokke ondersoek
“Hierdie virus vereis langdurige persoonlike kontak voordat dit versprei, maar dit lyk asof dit nie nou die geval is nie. Dit lyk ook nie of die virus muteer het nie.”
Hoof van veiligheid probeer glo sy onskuld ‘koop’
Die beamptes moes ʼn multimiljoenrand-polisietender ondersoek waarby die beskuldigdes glo betrokke was.
Mynaktiwiteite deur oproerige gemeenskap ontwrig
Een van die myn se busse, wat werknemers vervoer, is verlede week deur lede van die gemeenskap aan die brand gesteek.
Staat spook nog met ondersoek in Stellenbosch-moordsaak
“Dit is verbasend dat die ondersoek so lank neem,” sê die Stellenbosse sakeman se prokureur.
‘Urine-student’ het nog nie US-klagstaat ontvang
Theuns du Toit is bereid om die strafregtelike saak deur middel van mediasie op te klaar, maar in hierdie stadium word Du Toit en Ndwayana se families verbied om met mekaar in aanraking te kom.
SA’ners eet goedkoper, maar ongesonder – ondersoek
Die verslag het bevind dat die koste van ʼn item die primêre oorweging is wanneer kruideniersware en ander benodighede gekoop word.
Tuks-alumni help VSA-olifant met tandpyn
Die reuse-olifantbul is aanvanklik in Disney se Animal Kingdom-temapark in Florida in die VSA aangehou waar hy gesukkel het met ʼn gebreekte tand.
Korrupsiesake sloer oor regters se kontrakte
Belangrike sake wat voor die spesiale tribunaal moes kom, is twee maande lank vertraag omdat regters se kontrakte nie hernu is nie.
Beurtkrag duur die naweek voort
Die weerdiens voorspel boonop ʼn yskoue naweek vir groot dele van die land.
Spesiale oudit vir KZN-rampgeld
Die ouditeur-generaal (OG) van Suid-Afrika het Donderdag verduidelik presies hoe sy beplan om die besteding van broodnodige fondse streng te monitor.
Ondersoek gevra na Vrystaat se mislukte padprojekte
Die Vrystaatse departement van polisie, paaie en vervoer het glo tenders van honderde miljoene rande aan konstruksiemaatskappye toegeken wat toe nooit in staat was om die projekte te voltooi nie.