Die kitaar sal baie goed moet vaar om die rekord te klop van vorige bekende kitare wat vir miljoene dollar verkoop is.
Lees meerAlles vir Dinsdag 30 Januarie 2024
‘Bela gaan openbare skole in staatskole laat ontaard’
“Sonder die gesag van beheerliggame by openbare skole in Suid-Afrika gaan dié skole in staatskole verander en gaan die gehalte van onderwys en die toestand van infrastruktuur straks dramaties kwyn.”
SOE-ondersoek oor R300 miljoen-Transnet-skandaal verwelkom
“Die DA verwelkom ook Pepi Silinga se besluit om verlof te neem terwyl die Transnet-ondersoek voortduur. Die DA was nie oortuig dat ʼn interne ondersoek regverdig, onpartydig en deeglik sou wees indien Silinga in sy amp aangebly het nie.”
Zakariyya Park-skietery: Naam bekend van Rand Water-hoë wat sterf
Die bestuurslid van Rand Water, wat tydens ‘n liefdadigheidsfunksie voor skoliere en onderwysers doodgeskiet is, se naam is bekendgemaak.
Driepootpotte glo van Eskom-kabels gemaak
‘n Groot getal driepootpotte is vermoedelik vervaardig deur die gesteelde kabels te smelt.
Transnet dra by tot laer wynuitvoere in 2023
Een van die redes vir ʼn daling in uitvoere is voortslepende probleme by die land se hawens.
Moordverdagte se saak na hooggeregshof
Armand Opperman word van die moord op Lance Arthur da Silva verdink, wie se liggaam verlede jaar op sy plaas in die omgewing van Rouxville aangetref is. Daar was egter daardie dag geen teken van Opperman wat saam met hom op die plaas gewoon het nie.
Pringlebaai-inwoners moet vlug voor vlamme
Die Kleinmond-dorpsaal is as die noodontruimingsentrum aangewys en mense – en hul troeteldiere – kan daar ʼn veilige skuiling vind terwyl die brand by Hangklip voortwoed.
Zuma-skorsing kan ANC in KZN kos
Kenners meen die ANC het ruggraat gewys deur oudpres. Jacob Zuma uit te skop, al sal dit die party waarskynlik stemme in die komende verkiesing kos.
Vrywilligers glo verwilder wat slaggat wil herstel
Vrywilligers wat probeer het om ʼn slaggat in Centurion te vul, is glo deur lede van die Tshwane-metropolisie verwilder.
Uitdrukking: Soos ʼn tang op ʼn otjie
Taaltoffie ondersoek die betekenis en herkoms van die uitdrukking “soos ʼn tang op ʼn otjie”.
ToekomsVenster: Ek wil volrond wees
Ek wil volrond mens wees, feesvierend deur die lewe gaan, die bergtoppe bewandel, van God se blomme in die vallei ʼn ruiker maak en vir ʼn stukkende mens aangee. En jy?
Ekspats swoeg met OVK se aanlyn registrasieplatform
Suid-Afrikaners in die buiteland sê die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se heel eerste én langverwagte aanlyn registrasieplatform is deurspek met tegniese probleme – soveel só dat sommige ná ’n gesukkel die aftog geblaas het sonder om suksesvol te registreer.
Wêreldbeker mees gekykte rugbytoernooi ooit
Die toernooi het vir altesame 1,3 miljard kyk-ure gesorg, met die kwarteindstryd tussen Suid-Afrika en Frankryk en die eindstryd tussen die Springbokke en Nieu-Seeland wat die meeste kykers gelok het.
Skooltassies propvol skryfbehoeftes vir gr. 1’s geskenk
Dié burgerregteorganisasie wou op ʼn tasbare wyse armoede in die streek hokslaan.
Aussies beklink reeks teen Protea-vroue
ʼn Skitterende Marizanne Kapp het nogtans haar hoogste T20-telling teen Australië in Hobart aangeteken.
‘Nuwe’ Proteas wil blom teen Kiwi’s
“Ons wil nie die land teleurstel nie; ons wil goed presteer.”
Drie vas vir Dullstroom-moord
John Wickham is in November verlede jaar tydens ʼn rooftog by ʼn Dullstroom-gastehuis in Mpumalanga doodgeskiet.
Diversifikasie, herlewingslandbou deurslaggewend vir toekoms
“Net soos beleggers aangeraai word om hul portefeuljes te diversifiseer om risiko’s te verminder, word boere aangemoedig om ʼn soortgelyke benadering met hul gewasse te volg.”
Grimering vorm deel van selfuitdrukking, kreatiwiteit
Maroela Media het by ʼn grimeerkenner aangeklop vir raad oor tienermeisies wat graag met grimering wil begin eksperimenteer.