Die jaar 2022 was Suid-Afrikaanse myne se veiligste jaar op rekord.
Lees meer‘Ganse kragstelsel moet herbou word’ – verslag
Luidens ʼn verslag deur die Harvard Universiteit kan ongeveer 40% van die vertraging in Suid-Afrika se ekonomiese groei toegeskryf word aan die ineenstoring van nutsdienste, soos Eskom.
Konflik in Midde-Ooste: SA ‘lankal nie meer onverbonde’
“Suid-Afrika is uiters moreel selektief wanneer hy lande veroordeel. Dit moet altyd in diens staan van sy teen-Westerse ideologiese strewe,” verduidelik Jaco Kleynhans oor Suid-Afrika se sterk veroordeling van Israel.
Israel-Hamas: die senupunt in ʼn herskikkende orde
“Die nadraai hiervan is ʼn onvoorspelbare, multipolêre wêreldorde met baie verskillende en teenstrydige belange met as enigste gemene deler die weersin in Westerse oorheersing.”
Sensus: Klein jakkalsies knou geloofwaardigheid
ʼn Reuse-ondertelling in verlede jaar se sensus laat kenners twyfel oor die geloofwaardigheid van syfers waarop belangrike besluite nou gegrond word.
Stel Afrika sy eie lokval met Chinese vriende?
China se belegging in Afrika hou talle voordele vir die kontinent in, maar teen watter prys?
Nuwe benadering tot voëlgriep ‘dringend nodig’
Hoenderboere het tot dusver goeie rede gehad om nie hul hoenders teen voëlgriep te laat inent nie, maar ʼn kenner meen om nou te wil inent, is te min, te laat.
Hennie le Roux: Van rugbyveld tot jagveld
Maroela Media het die oud-Bok-senter op sy plaas in die Oos-Kaap besoek om te gesels oor rugby, jag en familie.
‘SA-regering moet plekname anders benader’
Suid-Afrika is nie uniek wat die kwessie omtrent die herbenaming van strate en plekke betref nie. Kenners meen wel die regering kan heelwat doen om dié proses minder traumaties vir minderhede te maak.
Buthelezi se leemte kan verkiesing beïnvloed
Die IVP is belangrike opposisie vir die ANC in KwaZulu-Natal, en kenners meen die sukses van dié party kan ʼn impak op die ganse land se politiek hê.
Jhb-tragedie ʼn ‘tikkende tydbom’
“Die kaping van geboue en eiendomme het onaanvaarbare vlakke bereik. Boonop gebeur dit ten aanskoue van wetstoepassingsowerhede en sommige grootkoppe in die regering.”
‘Groot brande’ kort op mekaar ruk Vrystaat
In die geheel is sowat 273 411 ha weiding tussen 1 Mei en 26 Augustus in die provinsie verwoes in na raming 4 422 brande.
ANC se Zim-uitsprake het ‘tasbare gevolge’
Kenners meen die voortsetting van Zimbabwe se ondemokratiese tradisie, tesame met die ANC se onwilligheid om hom daarteen uit te spreek, hou gevaarlike ideologiese sowel as tasbare gevolge vir Suid-Afrika in.
Reserwebank interpreteer mandaat ‘te eng’
“Mense se vrae is geregverdig en kan toegeskryf word aan die Reserwebank se minder bevredigende bevinding.”
Al meer boere wil Kaap toe
Dié tendens plaas egter druk op natuurlike hulpbronne en infrastruktuur en laat grondpryse die hoogte in skiet.
Gasheer SA sal Brics-gesante in toom moet hou
Pres. Cyril Ramaphosa sal sy storie moet ken om te verhoed dat die 15de Brics-beraad gekenmerk word deur ʼn teen-Westerse sentiment. Hier is wat jy van die lankverwagte beraad kan verwag:
Oekraïne wil Russiese ‘greep’ op Afrika teëwerk
Die Oekraïense minister van buitelandse sake het Kiëf se pogings om bande met Afrika-regerings te bou, vergelyk met ʼn diplomatieke “teenoffensief” teen Russiese pogings.
SA en Rusland: Bondgenootskap ‘op bloed en koeëls gebou’
“Rusland is ʼn baken op die heuwel; ʼn skitterende outokrasie wat die weg aandui na ewige bewind.”
Boere ‘vark in verhaal’ wanneer polisie nie opdaag
Is boere aangewese op hulself om misdaad op plase te bekamp omdat hulle telkens deur die polisie in die steek gelaat word? En indien boere wel noodgedwonge self moet ingryp, waarom word hulle nie deur die staat beskerm nie? Kenners verduidelik.
Tshwane-staking: Kla werkers met witbrood onder arm?
Maroela Media het vandeesweek die metro se salarisskaal onder oë gekry en kan nou bevestig dat daar nie een enkele werknemer van die metro is wat tans ’n maandelikse salaris van minder as R10 000 verdien nie.