Hierdie situasie sluit aan by die gebeure rakende die voormalige polisiekolonel Christiaan Prinsloo, wat daaraan skuldig bevind is dat hy vuurwapens in polisiebesit gesteel en aan bendes verkoop het.
Lees meerAlles vir Dinsdag 9 Januarie 2024
Vervoerband by hawe weer in bedryf ná brand
Dít sal meer as 400 steenkoolvragmotors van die pad af kry.
Stadig met foto’s, vra Werner
De Jager se regspan het vroeg al by die landdroshof in Amanzimtoti in KwaZulu-Natal opgedaag, gereed om voort te gaan met hul kliënt se borgtogaansoek.
‘Kragnetwerk onbetroubaar weens jare se onderbelegging’ – Ramokgopa
Die minister het verduidelik dat die meerderheid eenhede onbetroubaar bly en dat dit deur Eskom se beplande instandhoudingswerk gepak sal word.
Vermeende vakansie-swendelaar vas
Swart het op 28 Desember vir die eerste keer in die Modimolle-landdroshof verskyn.
Só lyk raad van nuwe transmissiemaatskappy
Die nuwe direksielede bring ʼn groot verskeidenheid kundigheid na die tafel.
Breivik hou steeds gevaar van ‘ongebreidelde geweld’ in
Die Noorweegse regering sê die moordenaar van 77 mense “is vandag steeds dieselfde soort gevaar [vir die samelewing] as wat hy in Julie 2011 was.”
Planne om staatsondernemings reg te ruk misluk g’n – Gordhan
Die minister sê daar is klinkklare planne om Eskom en Transnet reg te ruk. Volgens hom is die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) ook reeds weer op die pad na finansiële en bedryfsvolhoubaarheid.
Kragkrisis op Harrismith benodig ‘dringend ingryping’
“Hierdie uitgerekte kragkrisis ontwrig nie net ondernemings se bedrywighede nie, maar bedreig ook die gemeenskap se lewensbestaan.”
Só sleep mens in styl
Toyota se Quantum VX Premium is die luuksste bus tans op die mark in Suid-Afrika. Dié sessitplek-weergawe het net vier uitskoprusbanke agterin, soos La-Z-Boy-stoele – elkeen elektries verstelbaar, verhit en met ʼn voetrus.
Twee vas ná Strand-vrou se skietdood
Haar man is in Oktober verlede jaar in Qumbu in die Oos-Kaap doodgeskiet.
En beurtkrag is weer terug
Eskom sê hy het ’n “terugslag” in die terugkeer na diens van twee opwekkingseenhede beleef.
United, Alaska meld ook los ‘hardeware’ op Boeings aan
Lugvaartontleders sê die probleem lê dalk by gehaltebeheer en is nie noodwendig ʼn ontwerpflater nie.
Toetsblad klad op Nuweland
Die Internasionale Krieketraad (IKR) het die baanblad van die tweede toets tussen Suid-Afrika en Indië op Nuweland as “nie na wense nie” bestempel.
Besige naweek vir Durbanse slangvanger
Volgens Evans het hy – in samewerking met ander slangvangers – in Desember altesame 15 swartmambas van huise verwyder. Nog agt swartmambas is al vanjaar in hierdie omgewing gered.
Showmax trek nuwe baadjie aan
Agt jaar nadat Showmax die Suid-Afrikaanse mark betree het, beplan dié stromingsplatform om 2024 sy grootste jaar nóg te maak deur al sy dienste op te knap.
Liggaam spoel by Zimbali-strand uit
’n Man wat met sy hond op die strand gestap het, het op die liggaam afgekom.
‘Dricus, hulle weet nie wat ons weet’ – Bokke
Springboksterre soos Jesse Kriel, Willie le Roux en Ox Nche het Dricus du Plessis sterkte toegewens met sy komende titelgeveg teen Sean Strickland.
Beleidsonsekerheid: Nuus is goed én sleg
Die wye verskeidenheid van moontlike verkiesingsuitkomste later vanjaar getuig van die hoë vlakke van onsekerheid wat tans bestaan.
Theuns se suster praat ná pa sterf
“Hulle is drie sonstrale in my son, ek sal aanhou skyn.”