Daar is verligting en uitkoms gebied in gemeenskappe wat swaar gebuk gegaan het onder rassespanning, korrupsie, swak dienslewering en staatsverval.
Lees meerTLU SA: Waak teen normalisering van verval
“Wanneer ons die regte ding doen, is dit ʼn positiewe proses waar ons streef na verbetering, nie net as enkelinge nie, maar ook as organisasies wat ʼn gevoel van trots oor wat ons verteenwoordig, teweegbring.”
Avokado’s, mango’s in hande van beïnvloeders
“Navorsing wys dat verbruikers in die ou dae eenvoudig avokado’s in hul mandjies gesit het, maar nou reageer hulle meer op bemarking.”
SEB verdeel landbou in handeklappers en hakke-inkappers
Die hakke-inkappers eis van die handeklappers om te verduidelik wat die morele begronding vir hulle steun aan die ANC se rasmal regulasies is.
Slim sakeman bou kompakte groentetuine vir armes
ʼn Slim plan om arm gemeenskappe te help om hulle eie kos te verbou, het ʼn man van Bellville ʼn rits toekennings besorg, waaronder ʼn prys van die Verenigde Nasies.
Enige SEB-vereistes vir uitvoere immoreel
Dit maak die skade van SEB aan die ekonomie nie minder rampspoedig nie, tewens, dit tas die beginsel aan dat handelsbeperkings op grond van ras ’n fundamentele ongeregtigheid verteenwoordig.
Aardverwarming: ‘Afrika-veeboere is nie sondaars’
“Ons is baie bekommerd oor die gesprekke wat oor die wêreld heen gevoer word oor die vervanging van diereproteïen met plantproteïen.”
Sonneblom allermins ʼn afskeepgewas
Sonneblom se aanpasbaarheid by verskillende omgewingstoestande word toegeskryf aan sy vermoë om droogtetoestande beter te hanteer en sal voordelig wees tydens die El Niño-weerpatroon.
‘Heroorweeg minimumloon’ – arbeidskenner
“Daar is baie ideologiese probleme in hierdie land. Ons land word deur kommuniste en vakbonde in die drieparty-alliansie bestuur wat op die minimumloon volgens wetgewing staatmaak.”
Toerisme bied geleenthede én risiko’s vir boere
ʼn Gas wat ʼn enkel op jou wankelrige voetpad breek, kan jou letterlik vir miljoene dagvaar.
Biogas-boere leer by Dene
Afval wat deur die pluimvee- en veebedryf gegenereer word, word in Denemarke as ʼn kommoditeit vir biogasproduksie gesien.
Verbruikers bobaas by varsprodukte
Omdat verbruikers steeds versigtig is om hul begrotings te oorskry, moet maatskappye verbruikersbevrediging met bekostigbaarheid balanseer.
Beurtkrag gaan boere taai maak
“Wanneer ons eendag weer ʼn beter regering met ʼn beter beleidsomgewing het, wat opbou en in stand hou, kan gemeenskappe soveel beter presteer omdat hulle lankal eienaarskap gevat het van dit wat nodig is om mededingend te bly.”
‘Sandduin’-boere skrik vir min
Hierdie skape, beeste en bokke se kondisie steek glad nie af teen diere elders nie, inteendeel, hier is al telkemale wenners van nasionale slaglamkompetisies aangewys.
Het graansilo’s ʼn toekoms?
Hoewel Suid-Afrikaanse boere verlede jaar 22 miljoen ton se graan aan silo’s gelewer het, is die 30 miljoen ton se bergingskapasiteit nie genoeg nie.
Snywurms op die horison, maak gereed
Snywurms is ʼn seisoenale verskynsel en hul lewensiklus val saam met mielies se planttyd wat tradisioneel in Oktober, na die eerste reën, begin.
Boer omgewingsvriendelik en bekamp aalwurms
Mikroskopiese organismes soos aalwurms wat in die grond woon, hou ʼn groter gevaar vir Suid-Afrikaanse produsente in as wat hulle moontlik besef.
Kenner waarsku: Loop lig vir antibiotika-gebruik by vee
“Dit neem baie jare om ʼn veilige en doeltreffende antibiotika te ontwikkel en tans is daar geen nuwe middel wat ontwikkel word nie, selfs nie eens in die navorsingsfase vir gebruik in produksiediermedisyne nie.”
Verhoed rampe op landbou-toerusting
Binne-in die enjin van ʼn selfaangedrewe stroper kom hitte, suurstof en brandstof byeen, wat dit ʼn ideale brandpunt maak.
AfriForum waarsku en gee wenke oor veldbrande
ʼn Nuwe tendens wat kop uitsteek, is dié van stropers wat ʼn veldbrand veroorsaak om diere in ʼn sekere rigting te dwing.