Talle lewelose liggame wat in komberse toegedraai is, het in die vervalle strate van Derna gelê. Volgens internasionale humanitêre werkers word ongeveer 10 000 mense steeds vermis.
Lees meerAlles vir Woensdag 13 September 2023
Esterhuizen, Moodie terug teen Roemenië
Bongi Mbonambi sal die kapteinskapleisels van ʼn Springbok-span vasvat wat met vier skrumskakels in die wedstrydgroep spog, terwyl André Esterhuizen en Canan Moodie in die middeveld herenig is.
Eskom-netwerk onder uitsonderlike druk
Volgens Hermann is eenhede wat oor die naweek weer in werking gestel moes word, nie terug nie en is die dieselvoorraad tot so ʼn mate uitgeput dat oorblywende diesel vir noodsituasies gehou moet word.
Rower klap glo baba wat tydens aanval huil
Daar is by Rusa se aankoms op die toneel bevestig dat vyf gewapende mans die huis binnegegaan het en vier volwassenes sowel as ʼn tien maande oue baba aangehou het.
Só sal ondersoek na Jhb-tragedie verloop
Panyaza Lesufi sê die ondersoek sal in twee fases gedoen word.
Ander apps stuur dalk gou na WhatsApp ook
Dit sal gebruikers van ander klets-apps toelaat om mense op WhatsApp te kontak, selfs al het hulle nie ʼn WhatsApp-rekening nie.
Taylor Swift maak skoonskip by VMA-toekennings
Shakira het ook geskiedenis by vanjaar se toekenningsgeleentheid gemaak.
ToekomsVenster: ‘Moenie te veel praat oor môre nie’
Hy staan gereed om my in môre te verwelkom, beloof dat Hy reeds die pad voorberei het, dat Hy net sal toelaat wat tot my vorming sal bydra, dat sy genade genoeg is, sy beloftes my sal dra en sy Woord my sal leer. Dankie Heilige Gees, U is alreeds daar.
Luister: Jong sangeres deel getuienis oor seldsame sindroom
Op 21 Desember 2017 het Tamlyn Wessels se lewe onherroeplik verander toe ʼn seldsame sindroom by haar gediagnoseer is en sy agt maande in ʼn hospitaal moes deurbring.
Eskom waarsku oor kragverbruik
Die koue weer is glo die rede waarom Eskom veral gedurende spitstye onder erge druk verkeer.
ʼn Week later sukkel talle Sassa-begunstigdes steeds
Baie begunstigdes het buite betaalsentrums geslaap omdat hulle eenvoudig nie geld gehad het vir die rit huis toe nie, terwyl ander van die een betaalpunt na die volgende gestap het in ʼn poging om gehelp te word.
Oord betreur vrou se skietdood
Die eienaars van ʼn oord waar ʼn jong vrou die afgelope naweek geskiet is, sê die gebied gaan al geruime tyd gebuk onder misdaad, ondanks hul beste pogings om veiligheid te verseker.
Verlig só jou vierpoot se allergieë
Die draai van die seisoen het die verspreiding van stuifmeel in die lug tot gevolg, wat kan lei tot allergiese reaksies soos jeukerige oë en krapperige kele – en dit vir mense én hulle troeteldiere.
Jan Braai belê in jonges se braaivernuf
“Kinders wat op die eerste Nasionale Braaidag gebore is, is nou 18. Dit is die ouderdom waar jy al hoe meer daarin begin belangstel om kos te maak.”
Ossewa-optog hoogtepunt van dié familie- en erfenisfees
“Ons is baie opgewonde, aangesien dit die eerste keer is dat só optog tydens die Erfenisfees plaasvind.”
Namibië veggereed vir All Blacks-stryd
Ondanks hul veel laer plek (as dié van die All Blacks) op die punteleer, spog die Welwitschias ook met Bayonne se ervare haker Torsten van Jaarsveld, asook vier voorspelers wat in Suid-Afrika speel.
Snywurms op die horison, maak gereed
Snywurms is ʼn seisoenale verskynsel en hul lewensiklus val saam met mielies se planttyd wat tradisioneel in Oktober, na die eerste reën, begin.
Bumbo sit voet neer oor babastoeltjies
Bumbo beskuldig Takealot daarvan dat hy misleidend is met sy advertensies.
Msimanga DA-premierskandidaat ‘wat Gauteng moet red’
Die DA hoop om ná die 2024-verkiesing in beheer van Gauteng te wees en Solly Msimanga sal dan aan stuur van sake in die provinsie staan.
All Blacks nog nie hul ‘aura’ kwyt
Volgens Justin Marshall straal die All Blacks nog rugbysukses uit, maar ter plaatse word daar gereken dat die Kiwi’s dalk nog aan ʼn bietjie Twickenham-bomskok in hul eerste Wêreldbeker-wedstryd gely het.