Eskom waarsku oor kragverbruik

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Nuril Ahsan/Unsplash)

Die daaglikse kragverbruik tydens spitstye, veral saans, is tans hoër as wat Eskom beplan.

Die kragvoorsiener het Woensdag ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om dringend alle kragverbruik tussen 17:00 en 21:00 te verminder.

Die verwagte kragverbruik in dié tye is 29 609 MW, maar Dinsdag het die vraag na krag op 33 423 MW gestaan – veel hoër as wat voorspel is.

Volgens Eskom is die koue weer die rede waarom die kragverbruik skielik toegeneem het.

“Ons doen ʼn beroep op die publiek om in spitstye alle nie-noodsaaklike toestelle af te skakel – soos geisers, swembadpompe en elektriese verwarmers,” sê die kragvoorsiener.

“Die vermindering in kragverbruik sal help om druk op die stelsel te verlig en hoër fases beurtkrag te vermy.”

Fase 5- en 6-beurtkrag word steeds tot Vrydag afwisselend ingestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Johann ·

” as wat Eskom beplan”….WHAHHAAAAA! Die enigste plan is sit als af en lieg daaroor. Sê die mense moet dankbaar wees als is stukkend want dit gaan nog erger raak.?

Christo ·

Loop vlieg Eskom. Julle vat reeds alle krag van ons af weg die hele dag. Moenie vir my kom opdragte gee wat ek in my huis mag aan he en wat nie.

Casper ·

Nou word die publiek gestraf vir die die A N C se onbevoegdheid om misdadigers te vervolg wat eskom wil kelder en Ramaphosa en Ramarama wat gesê het beurtkrag sal teen die einde van die jaar iets van die verlede wees.Die valke ondersoek oor die 100 sake in eskom maar as die A N C ministers betrokke by eskom hulle werk gedoen het sou daar nie een saak gewees het nie,is dit apartheid se skuld of regstellende reaksie vra ek maar net.

007 ·

Eskom kla hulle het nie genoeg inkomste nie, maar as jy hulle elektrisiteit gebruik dan kla hulle ons moet minder gebruik. Is dit nie ‘n kommunistiese bedeling nie?

SjN ·

Ek betaal vir diekrag wat ek gebruik en sal nie deur hul voorgeskryf word nie.

007 ·

Dit was mos Jan Oberholzer en André de Ruyter se skuld vir beurtkrag, nou hoekom is dit nie nou Rama se skuld nie?

Daniel ·

Ons betaal vir die krag en ons moet kosmaak!
Gaan diskonnekteer die onwettige verbindings of sny die af wat agterstallig is, moenie betalende verbruikers dreig nie!

Frikkels ·

Ons doen ñ beroep op eskom om hulle vingers wat op onnodige plekke vassit, daar uit te haal en die kragprobleem wat deur hulle wat eskom is veroorsaak is nou vir eens en altyd op te los!

M ·

Ek raak nou hardegat, en gaan alle moontlike krag gebruik …. dan wag ek vir die “Blackout” …..maak dit sommer vinniger gebeur voor julle Minister ( én ander wat nog minder weet ) weer vir my vertel die beurtkrag is eersdaags iets van die verlede.

Pietertjie ·

Ek sien dat Eskom se probleme al groter word: al meer mense installeer battery-gedrewe stelsels (met of sonder sonpanele), die batterye word tydens kragonderbrekings gebruik, en sodra die kragtoevoer herstel, word die batterye weer gelaai. Dus, eskom se lasvermindering werp al minder vrugte af.

M ·

Ek gaan julle vanaand beslis op die proef stel en julle “Beloftes” van geen beurtkrag meer nie, toets. Hoe is dit enigsins ‘n waarskynlike en moontlike haalbare situasie , gesien,in die lig van die bg. versoek ? Julle raak nou totaal belaglik. Wanneer kom die “Black-out” ?

Rooi rissie ·

Gaan dit ooit end kry? Nee nie solank die ANC regeer en lekker geld maak deur Eskom nie. Eskom is mos die gans wat die goue eiers lê ne Eskom. Hou sommer die krag af tot n beter regering aan bewind kom.

M ·

Ek lees nou net in ‘n ander Koerant dat Fase 7 ophande is !!! Hou so aan Eskom …..Julle FAAL die hele land en AL sy mense !!!

Tokkel ·

Watter staatsinstansie werk nog? Dan staan die ANC wraggies weer vir die verkiesing. Hulle het geen skaamte nie.

Koos 100 ·

Beplanning bestaan al vir 30 jaar nie. Dis ‘n westerse konsep.

Nico ·

Hy is nie ‘n opgeleide elektriese ingenieur nie, maar is lektriese minister. Daar is nie four met ‘n elektriese minister nie, gee die POS vir iemand wat kennis het van elektriesiteit.

Papsak ·

Ag asb eskom hou op om publiek te waarsku oor hoe krag ek dink ons moet julle begin waarsku om kragstasies reg te pluk gaan aan julle flip almal en alles op met julle beurtkrag wanneer wil dit eindig sekerlik nooit nie

Vonkprop ·

Ons gebruik wat ons nodig het en ons betaal daarvoor. As dit nou ongelukkig meer is as wat julle voor begroot het dan is ek nou maar jammer. Gaan praat met julle maatjies wat alles verniet kry en wat onwettige verbindings maak. Moenie julle probleem myne maak nie.

Pieter ·

Het die goed al gedink, dat dit die enigste tyd is wat die mense het om water warm te maak en kos te maak voordat almal weer gaan slaap en die krag weer af gaan?
Dit is die tyd wat meeste mense by die huis kom….
Geen wonder my pa het vir ‘n lang tyd gesê “algemene kennis, is nie meer algemeen nie”

TheSnake ·

What went wrong? Eskom generated 210,638 GWh of electricity in 1994.

Jr ·

Koue weer. Aagh bul twak man. Jou krag stasies begin gees gee oor julle die publiek oor die rerige situasie te bull shine. Nou vang hy jou op

Sue ·

Ja blameer die verbruiker Vir Julle patetiese onvermoe irrelevante spul. Privatiseer Eksdom.

Riaan ·

Ja en die kastige elektriese minister, voorheen burgermeester, regtig, die spul is onbevoeg maar eerste in die ry as dit by korrupsie kom, die land stuur in ‘n mynskag af vinniger as wat ons dit besef !

DIABLO ·

Nee, Eskom. Dit is tyd dat ons julle begin waarsku. Ons sal self! Pasop.

CHRISTINE ·

My senuwees. My kragrekening is +-50% meer die laaste paar maande en gebruik amper niks krag nie en nou moet ek meer betaal en nog minder krag gebruik.
Dis terrorisme.

Tokkel ·

Eskom hou op waarsku die publiek oor kragverbruik, want daar is nie krag nie!!!!!…. Hou op om goeie steenkool te laat verdwyn, dan sal niks breek nie. Privatiseer Eskom, dan het SA weer krag!

Sarel ·

Koud of warm …dit maak.nie saak.nie julle mors met die gebruikerd

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.