Telegram – Teken maklik in op Maroela se nuusflitse

Wil jy seker maak jy bly op hoogte van sake? Is jy die nuusneus onder jou vriende? Dan is Maroela Media se gratis nuusflitse op Telegram vir jou bedoel!

Maroela Media maak seker dat jy by elke braaivleisvuur kan saamgesels: ons stuur een keer per dag, van Maandag tot Vrydag, vir jou die hooftrekke van die dag en die weervoorspelling vir die land se grootste stede. En die beste van alles? Jy kan steeds op enige skakel klik om die berig gratis te lees op Maroela.

Hoe maak mens?

Die maklikste is om bloot op hierdie skakel te klik en die stappe te volg:

volg ons op telegram of besoek t.me/maroelamedia.

As jy egter eers die app wil aflaai (of reeds die app op jou toestel het), dan maak jy só:

Stap 1: Laai die Telegram-app af op jou slimfoon.

Stap 2: Sodra jy Telegram oopmaak, tik jy “Maroela Media-nuusflitse” in die soekblokkie (maak seker jy volg ons “nuusflitse” met die gebruikernaam “maroelamedia” – dit is ons enigste amptelike kanaal).

Stap 3: Vertel jou vriende en familie van Maroela se Telegram-diens sodat hulle ook nie met ʼn mond vol tande langs die braaivleisvuur hoef te staan nie.

Die lekkerste is dat jy self kan inteken en kan uitteken op ons Telegram-nuusflitse – jy hoef niks deur ons te reël nie.

Let wel: Jy sal geen gemorspos ontvang nie en die diens is gratis. Jy betaal bloot die gewone datakoste verbonde aan Telegram.

Wat op aarde is Telegram?

Telegram is ʼn boodskap-app wat op spoed en veiligheid fokus – dis baie vinnig, eenvoudig en gratis om te gebruik. Jy kan Telegram tegelykertyd op al jou verskillende toestelle gebruik; jou boodskappe sal oral sinchroniseer.

Met Telegram kan jy boodskappe, foto’s, video’s en lêers van enige tipe (doc, zip, mp3, ens.) aan jou kennisse stuur en jy kan groepe vir tot 200 000 persone opstel of kanale waardeur jy ʼn uitsendingsboodskap kan stuur (dit is wat ons vir ons nuusflitse gebruik).

Kontak jou kennisse en vriende as hulle ook op Telegram is, net soos enige ander boodskapdiens.

Telegram word beskryf as ʼn kombinasie tussen SMS en e-pos en jy kan selfs iemand deur Telegram bel.

Hoe verskil Telegram van WhatsApp?

In teenstelling met WhatsApp, is Telegram ʼn wolkgebaseerde boodskapdiens wat maklik tussen verskillende toestelle sinchroniseer. Jy het dus op verskillende toestelle toegang tot jou boodskappe.

Wat gebeur met Maroela se WhatsApp-nuusflitse?

Ons gaan tydelik eers voort met ons WhatsApp-nuusflitse, maar ons sal graag wil hê dat al ons huidige gebruikers mettertyd na Telegram toe moet oorskuif. WhatsApp plaas ʼn beperking op die grootte groep wat ons kan opstel en ons moet al van ʼn paar selfone gebruik maak om elke middag ʼn boodskap aan al ons getroue lesers te stuur.

Met WhatsApp is jy ook afhanklik van ons om jou nommer by te voeg of te verwyder, maar met Telegram is al jou verstellings gerieflik in jou eie hande. As jy moeg raak vir die nuus, dan kan jy ons kanaal op Telegram bloot tydelik stil maak (“mute”), en later weer aanskakel.

Lees meer oor Telegram.