’n Derde party het glo ʼn hand daarin gehad om ʼn gewelddadige onderonsie tussen leerders by die Hoërskool Jan Viljoen in Februarie aan te vuur.
Lees meerSaak teen oorlogsveterane ná gyseldrama teruggetrek
Die groep van 53 sogenaamde oorlogsveterane het verlede jaar glo twee kabinetsministers en ʼn adjunkminister by die Saint George-hotel in Irene in Pretoria gyselaar gehou.
Pandor verduidelik R350 miljoen aan Kuba
Die Suid-Afrikaanse regering en die Kubaanse regering het in 2012 ’n ooreenkoms onderteken waarvolgens Suid-Afrika ’n ekonomiese bystandpakket van R350 miljoen aan Kuba beskikbaar gestel het.
Dringende bloedtekort in Wes-Kaap
Die Wes-Kaapse Bloeddiens het ’n enkele dag se bloedvoorraad oor.
Buurvrou swaar gestraf vir moord op kind
Die buurvrou het van die kind se organe en sagte weefsel verwyder voordat sy van die dogtertjie se liggaam ontslae geraak het.
Koue en selfs sneeu dié naweek verwag
Die weerdiens het Dinsdag verduidelik ’n sterk bolug-trogstelsel sal teen Vrydag in ’n afsnylaagdrukstelsel oor die noordwestelike binneland van die land omskakel.
Generaal vervolg wat polisievrou glo verneder
Die polisiegeneraal het glo neerhalende opmerking oor die polisiekaptein se kleredrag, gewig en velkleur gemaak – terwyl die rekrute haar toegejuig het.
Andrea Venter-moord: Moontlike struweling voor sy sterf
ʼn Paramedikus het in die hof getuig Gerhard Jansen van Vuuren het ʼn sug van verligting gegee toe hy hoor Andrea Venter is dood.
Munisipaliteit pleit skuldig op besoedelingsklagte
’n Voorwaarde van die ooreenkoms is dat die boetegeld van R3 miljoen aan herstelwerk bestee moet word.
Reusevlag van R22 miljoen ‘ongevoelig’
Die departement van sport, kuns en kultuur moes bontstaan om vrae oor die peperduur vlag te beantwoord, maar hou vol hy het genoeg geld om vir die reusevlagpaal te betaal en dat dit werksgeleenthede gaan skep en toeriste gaan lok.
Strafsaak teen Matie-student kom
“Miskien sal hulle nou die erns van die situasie verstaan.”
Parlement sal optree oor Zondo-verslag
Die DA het intussen die parlement se besluit om die bewerings teen sy lede te ondersoek, verwelkom, maar meen dat die besluit eindelik geneem is weens sy volgehoue druk op die parlement.
Meeste SA’ners blaas 80% van hul salarisse binne vyf dae
FNB sê ʼn voortgesette kultuur van verbruik laat aan verbruikers min ruimte om te spaar of te belê.
Saak teen Zuma, Thales wéér uitgestel
Die saak is Dinsdagoggend hervat net om minder as ’n uur later weer uitgestel te word.
Onwettige mynwerkers gestraf vir polisiemoord
’n Groep van nege onwettige mynwerkers, ook bekend as zama-zamas, is tronk toe gestuur vir die moord op ’n polisiebeampte byna ses jaar gelede.
Regering moet waak teen onhoudbaar hoë belastingvlakke
Kenners sê die regering sal slim beleidsbesluite moet neem om nie belastingbetalers wat reeds tot op breekpunt gedruk word, heeltemal te vervreem nie.
Hof lewer uitspraak oor MRK se magte
Die MRK het ondersoekende magte, maar hy regeer nie en kan ook nie ongrondwetlike gedrag straf nie, het die hooggeregshof bevind.
Woede ná kleuter se moord; ma se verloofde aangekla
“Sou hy skuldig bevind word, versoek die gemeenskap dat hy die maksimum vonnis ontvang.”
Matie wou medestudent ‘verneder’ – RHO
Die Raad vir Hoër Onderwys (RHO) meen die bedoeling van die matiestudent wat op ’n ander se besittings geürineer het, was duidelik.
Foto’s: Ontmoet die 30 vroue wat om Mej. SA-kroon meeding
Beoordelaars sê vanjaar se finaliste is in ʼn “liga van hul eie”.