Ondersteun Maroela Media só

Jy is lankal deel van die Maroela-gemeenskap. Jy hou van die nuus en die stories wat ons vertel. Jy is moeg vir #fopnuus, en een van sowat 1,5 miljoen Afrikaanssprekendes wat ons as gebalanseerde en betroubare nuusbron vertrou.

Jy lees ons 1 000 stories per maand; die meer as 13 miljoen bladsye wat ons per maand vertoon en wat sowat 3 TB verkeer genereer. Ons span akkommodeer en modereer jou en ander lesers se duisende kommentare per dag.

Kortom – sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie.

Lesers vra dikwels vir ons: “Hoe kan ek julle help?” Hier is vier maniere hoe jy ons kan help en ondersteun om jou gebalanseerde, betroubare nuusbron te bly.

1. Maak ʼn bydrae

Moeg vir #fopnuus? Help bou aan jou betroubare en gebalanseerde nuusbron deur ʼn vrywillige finansiële bydrae te maak. Om seker te maak dat die nuus op Maroela Media onafhanklik en gebalanseerd bly, vereis baie hulpbronne en harde werk. Verseker Maroela Media se toekoms deur nou ʼn vrywillige finansiële bydrae te maak. Want sonder Maroela sou jy nie geweet het nie.
Onthou: Maroela Media se nuus bly gratis; jou bydrae is vrywillig.

Maak nou ʼn bydrae

2. Bring die stories

Stuur vir ons nuuswenke, of ekstra inligting oor stories wat ons reeds publiseer het, sodat ons dit kan opvolg. Deel met ons goeie nuus uit jou gemeenskap, jou familieresepte of enigiets anders wat jy dink die Maroela-gemeenskap moet weet!

3. Lees die stories

Volg ons op Facebook en Twitter, laai ons gratis app af, teken in op ons nuusbrief en die belangrikste – maak elke dag ʼn draai op Maroela Media vir jou ware, betroubare nuus.

4. Deel die stories

Moenie Maroela Media net vir jouself hou nie! Of jy nou by die haarkapper sit, langs ‘n braaivleisvuur staan of op sosiale media kuier – vertel mense van alles wat ons jou vertel.