Privaatheidsbeleid

Lees ook: Bepalings en voorwaardes | Koekies

Effektiewe datum: Augustus 2019
Bygewerk: Maart 2022

Maroela Media (“ons”) bestuur die webtuiste maroelamedia.co.za en Maroela Media se app (die “Diens”).

Hierdie bladsy stel u in kennis van ons beleid rakende die versameling, gebruik en openbaarmaking van persoonlike data wanneer u van ons Diens gebruik maak en die besluite wat u met daardie data gepaard gaan.

Wanneer ons verwys na “Platforms”, behels dit al ons webwerwe, mobiele programme, e-posse, sosiale media-platforms of enige ander tegnologie of meganisme wat u mag gebruik om met ons te kommunikeer. “Dienste” verwys na enige produkte, goedere, dienste of funksies wat deur Maroela Media aangebied word, besit of bedryf word via ons platforms.

1. Enige inligting wat deur lesers aan ons verskaf word (insluitend naam en van, e-posadres, selfoonnommer, geboortedatum, foto’s van gebruikers, waar die leser woon, ID-nommer (al hierdie inligting slegs indien lesers verkies om dit te verskaf), IP-adres en ander inligting tydens byvoorbeeld ʼn registrasieproses, kompetisie of intekening op ʼn nuusbrief, mag deur Maroela Media gestoor word.

2. Maroela Media is by die Interactive Advertising Bureau (IAB) geregistreer en maak van Google Analytics gebruik om inligting oor lesers se demografie en belangstellings te versamel deur dit af te lei uit hulle gebruikspatrone en terugvoervorms.

3. Maroela Media bedien advertensies deur Adform, Aqua Adserver, Google Ad Manager en Vicinity Media.

3.1. Advertensies wat direk van ʼn adverteerder of agentskap ontvang is, word gekeur voor publikasie.

3.2. Advertensies wat deur die advertensienetwerk bedien word, word deur ʼn outomatiese uitsluitingsproses volgens onderwerp gefiltreer om slegs advertensies wat strook met ons waardestelsel toe te laat.

3.3. Google maak verstellings beskikbaar wat sal verhoed dat die advertensienetwerk se veldtogte jou persoonlik teiken.

3.4. Sien Google Ad Manager en Ad Exchange se gereelde vrae oor privaatheid.

3.5. Vicinity Media se advertensies op slimfone (soos Naby my) vra vir besoekers goedkeuring vir die rapportering van hul ligging. Die ligging word gebruik om produkte en dienste in die besoeker se omgewing aan te bied. Sien Vicinity Media se privaatheidsbeleid.

4. Dienste van waar inhoud of funksionaliteit vir die webwerf bedien word, is Amazon Cloudfront en S3, Font Awesome, Google Fonts, jsDelivr, UNPKG, co, AMP Project, Admiral.

5. Maroela Media maak van “koekies” (cookies) gebruik om inligting oor lesers se internetgebruikspatrone te versamel.

6. “Koekies” kan ook gebruik word om lesers se inligting te onthou sodat sekere velde nie herhaaldelik ingevoer hoef te word nie, en om as meetinstrument te dien.

7. Inligting wat deur middel van “koekies” versamel is, is ook onderworpe aan die riglyne vir beskerming van privaatheid soos hier uiteengesit. Inligting wat versamel word, stel Maroela Media in staat om inhoud en advertensies aan besoekers te verskaf wat vir hulle relevant is, ten einde vir hulle ʼn meer positiewe ervaring op die webwerf te gee.

8. Sulke geteikende inhoud en advertensies maak dit ook vir Maroela Media se adverteerders die moeite werd om op die webblad te adverteer, wat dit vir Maroela Media moontlik maak om ʼn bestaan te maak.

9. Maroela Media versamel ook soms inligting oor lesers indien dit joernaliste kan bystaan in die skryf van stories of die nagaan van feite.

10. Inligting kan ook gebruik word om lesers te kontak.

11. Ingesamelde inligting word as sensitief hanteer en joernaliste sal slegs met toestemming of waar vereis, erkenning aan bronne van inligting gee.

12. Maroela Media gebruik hierdie persoonlike inligting slegs vir sy eie doeleindes en sal nooit persoonlike inligting wat deur lesers aan ons verskaf is, verkoop of aan ʼn derde party verskaf nie. Maroela Media mag egter hierdie inligting aan kontrakteurs verskaf om namens Maroela Media veldtogte te bedryf. In sulke gevalle word die inligting binne ’n vertroulikheidsooreenkoms met die diensverskaffer hanteer.

13. Besoekers se persoonlike inligting sal, afgesien van die ander bepalings hierin, slegs aan derde partye verskaf word indien ʼn lasbrief deur die hof tot die effek uitgereik en verskaf is.

14. Daar is geen beperking op hoe lank Maroela Media ʼn leser se inligting mag stoor nie.

15. Inligting wat deur lesers aan Maroela Media verskaf is, kan gebruik word vir navorsing, beplanning, ondersoek na onregmatige gebruik van die webwerf, kommunikasie met lesers, om rekord te hou van wie nie gekontak mag word nie en verbetering van diens en inhoud in die algemeen.

16. Maroela Media gebruik versamelde inligting ook vir die volgende doeleindes:

16.1. Om die Diens te voorsien en in stand te hou;

16.2. Om u in kennis te stel van veranderinge aan ons Diens;

16.3. Om u in staat te stel om deel te neem aan interaktiewe dele van ons Diens wanneer u kies om dit te doen;

16.4. Om kliëntedienste en ondersteuning te voorsien;

16.5. Om ontleding of waardevolle inligting te verskaf sodat ons die Diens kan verbeter;

16.6. Om die gebruik van die Diens te monitor;

16.7. Om tegniese probleme op te spoor, te voorkom en aan te spreek.

17. Persoonlike inligting wat deur lesers aan Maroela Media verskaf is, kan aan ʼn derdeparty-diensverskaffer voorsien word ten einde die uitvoer van hul take moontlik te maak, in welke geval die derdeparty-diensverskaffer ʼn ooreenkoms sal teken om die vertroulike hantering van hierdie inligting te verseker. So ʼn derdeparty-diensverskaffer sal hiermee onderhewig wees aan dieselfde bepalings as dié waartoe Maroela Media hom hiermee verbind, soos hier uiteengesit.

18. Maroela Media kan vir die volgende redes, maar nie beperk hiertoe nie, met lesers in kontak tree met behulp van inligting wat deur lesers verskaf is of wat deur Maroela Media versamel is:

18.1. Wanneer inligting ingewin moet word vir die skryf van ʼn storie;

18.2. Wanneer Maroela lesers se terugvoer benodig oor Maroela Media se webwerf en/of app;

18.3. Wanneer lesers kommentaar lewer op die webwerf of sosiale netwerkprofiele, en Maroela Media genoop voel om daarop te reageer;

18.4. Deur die uitstuur van nuusbriewe (wat slegs gestuur word aan lesers wat ingeteken is daarvoor);

18.5. Na afloop van ʼn veldtog, om lesers op hoogte te hou van soortgelyke veldtogte of om hulle te nooi om in te teken op die nuusbrief;

18.6. Wanneer lesers onvanpaste kommentaar lewer wat nie voldoen aan die kommentaarbeleid wat in hierdie dokument uiteengesit is nie, en dit nodig is om met hulle in gesprek te tree daaroor;

18.7. Ná ʼn kompetisie, om met die wenners van pryse te kommunikeer.

19. Ons kan ons privaatheidsbeleid van tyd tot tyd opdateer en/of wysig.

20. Ons sal u in kennis stel van enige veranderinge deur die nuwe privaatheidsbeleid op hierdie bladsy te plaas. Ons sal u per e-pos en / of ’n prominente kennisgewing op ons Diens laat weet voordat die verandering effektief is en die “effektiewe datum” bo-aan hierdie Privaatheidsbeleid bywerk.

21. U word aangeraai om hierdie privaatheidsbeleid gereeld te na te gaan vir enige veranderinge.

22. Wysigings aan hierdie Privaatheidsbeleid is effektief wanneer dit op hierdie bladsy geplaas word.

23. U het die reg om toegang tot inligting wat ons van u as gebruiker het, te versoek. Ons sal seker maak dat u ’n afskrif van die data wat ons oor u verwerk, aan u voorsien. Om te voldoen aan u versoek, kan ons u versoek om u identiteit te verifieer. Ons sal u versoek nakom deur u kopie elektronies te stuur, tensy die versoek spesifiek anders spesifiseer. Vir enige daaropvolgende toegangsversoek kan ons ’n administratiewe fooi hef.

24. As jy glo dat die inligting wat ons oor u het, verkeerd is, is kan u gerus ons kontak sodat ons dit kan opdateer en u data akkuraat kan hou. Enige data wat nie meer benodig word vir bogenoemde doeleindes sal verwyder word.

25. As jy op enige tydstip inligting oor u wil verwyder, kan jy ons kontak met die besonderhede onderaan hierdie dokument.

26. U het die reg om beswaar te maak teen die verwerking van persoonlike inligting vir die doeleindes van wetenskaplike / historiese navorsing en statistiek.

27. U mag versoek dat u persoonlike inligting nie vir bogenoemde doeleindes gebruik word nie. ’n Versoek van hierdie aard kan op die volgende gronde ontken word:

27.1. Daar is aantoonbare en dwingende regmatige gronde vir die verwerking van persoonlike inligting, wat die belange, regte en vryhede van die individu ignoreer;

27.2. Die verwerking is vir die vestiging, uitoefening of verdediging van regseise.