Die oorlog is dalk die groter doek waarvan Jaekel Strauss se boek ʼn kleiner tapisserie is oor die trauma van geweld in meer fasette as net oorlog.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Boek van die maand"
Boek van die maand: ‘Ons skulde’ deur PP Fourie
By die eerste lees van die titel kom die woorde uit die gebed wat Christus vir sy dissipels voorgehou het dalk by ʼn mens op: “Vergeef ons ons skulde, soos ons ons skuldenaars vergewe.”
Boek van die maand: Onder ʼn bloedrooi hemel – Liefde en geweld in Suid-Afrika
Annemarié van Niekerk gee “liefde en geweld” as sleutel in die subtitel. Sy skryf dus nie net oor geweld nie, maar oor die verstrengeling van liefde en geweld, soos sy dit eerstehands ervaar het. Wat die boek inderdaad ʼn brawe stuk werk maak, meen Johan Myburg.
Boekresensie: ‘Decima’ deur Eben Venter
Die teks word ʼn web, vernuftig gespin uit vertellings uit verskillende oogpunte, persoonlike vinjette en daarby ʼn sweem van die fabel waarin diere aan die woord kom.
Boek van die maand: ‘Hierdie land’
Die skrywers fokus nie voluit op die onraad in die land nie, maar eerder op goed soos landskap, gebruike en verbondenheid met die plek.
Boek van die maand: ‘Ver in die wêreld’ deur Frederik de Jager
Die verhale in dié jongste bundel van De Jager is egter nie die neerslag van besoeke of reise nie, maar stories van skrywers wat “in die buiteland woon of gewoon het”, mense wat wortels hierdie kant opgetrek het en iewers ’n bestaan gaan maak het.
Boek van die maand: ‘Roman’ deur Cas Wepener
Wie ʼn verhaal vertel bepaal uiteraard die uitkoms (en die gesag) van die storie. Wat Wepener doen is om subtiel te torring aan waarheid, of gewaande waarheid, en oorlewering.
Boek van die maand: ‘Die onsigbare pou’ deur Zirk van den Berg
Meer populêr as popmusiek as ʼn onderwerp vir ʼn boek kan ʼn mens kwalik kry, en dié onderwerp beheers Zirk van den Berg met dié soort vakmanskap wat ʼn mens al meermale by hom teëgekom het.
Diereplaas – die klassieke Engelse roman nou in Afrikaans
“Die raakvlakke met die hede, 78 jaar later, is nie net opvallend nie, maar ook verbysterend.”
Boek van die maand: ‘Kodachrome’ deur Tom Dreyer
Soos met ʼn foto vang Tom Dreyer die oomblik netjies (met woorde) vas, maar hy bly daarvan bewus dat die oomblik (soos met ʼn foto) eweneens oor die kante van die verhaal spoel. En dat die verhaal inderwaarheid ʼn flits is van ʼn oomblik.
Boek van die maand: Michèle Meyer se ‘Moer’
“As daar een rede is waarom ek Michèle Meyer se debuutroman moet uitsonder as ʼn boek wat my altyd sal bybly, sal dit oor haar gebruik van kleur wees. Veral groen.”
Boek van die maand: Pirow Bekker se ‘Beurtelinge’
Daar is elemente van reisbeskrywings, kortverhale, dagboekinskrywings, briewe, aanhalings uit gedigte, gesprekke tussen die skrywer en sy vrou en les bes besinnings oor die letterkunde.
Boek van die maand: ‘Wit leuen’ deur Ruan Kemp
“Opvallend hoeveel karakters in die roman lag. Dié ligte aanslag waarmee Kemp werk bring nie net verposing in dié see van ellende nie, maar herinner ook aan ‘eilandjies hoop’.”
Boek van die maand: ‘Die waarde van stil bure’ deur Zelda Bezuidenhout
In ʼn bespreking van ʼn lekker spanningsverhaal bederf ʼn mens nie leesplesier met die weggee van gegewens oor die verloop van die verhaal nie. Dis die voorreg van die leser om agter die kap van die byl te kom in dié tweede roman van Zelda Bezuidenhout.
Boek van die maand: ‘Geen engel nie’ deur Andre Krüger
Dit lees soos ʼn droom, laat jou met heelwat binnepret én gryp jou meteen aan die hart en boonop hou dit jou op die punt van jou stoel.
Boek van die maand: ‘Dol heuning’ deur SJ Naude
So versigtig kies Naudé sy woorde en so gelaagd is sy verwysings dat ʼn mens kwalik die raakvlakke tussen woorde en verhale en meer nog, die psige van karakters en van mens- én onmenslikheid, kan mis.
Boek van die maand: ‘Simoelégri, stad van onrus’ deur Jaco Fouché
Jaco Fouché bewys homself as uitbeelder van die enkeling wat buite staan en waarneem en bied insig in ʼn verwordende samelewing.
Boek van die maand: ‘Die miskruier en die maan’ deur Carié Maas
Die titel van die boek is ontleen aan die (Afrika-) verhaal oor hoekom die miskruier nooit ophou om sy bol mis te stoot nie. “Die maan het vir Miskruier belowe sy sal met hom trou as hy al die vuil op aarde opgeruim kry. En daarom beur hy so dapper voort.”
Boek van die maand: ‘Die getuienis’ deur Francois Smith
Die getuienis is die neerslag van die mens se soeke na sin – of dit nou die swart-wit vergestalting van sin is, of in terme van ʼn goddelike komedie.
Boek van die maand: ‘Tweegevreet’ deur Zirk van den Berg
Ten diepste is Tweegevreet ʼn misdaadverhaal en hoewel ʼn mens agter die intrige en waarskynlik die opklaring van tergende vrae (wie is die skuldige?) aan lees, is dit die karakterbeelding wat jou bybly.