Dié organisasies verteenwoordig gesamentlik miljoene Suid-Afrikaners.
Lees meerAlles vir Dinsdag 24 Oktober 2023
Een dood, vier vermis ná vragskepe bots
Een bemanningslid is dood en vier word vermis van ʼn vragskip wat gesink het ná dit Dinsdag met ʼn ander vaartuig in die Noordsee gebots het.
Spanne spook om Mosselbaai-strande weer skoon te kry
Munisipale spanne is steeds volstoom besig met opruiming en werk so vinnig moontlik om strande weer soos normaal te laat lyk.
Britney-boek ontbloot afgryse van popster se beheerde lewe
Sy onthou hoe haar pa vir haar gesê het dat hy wettige beheer oor haar persoonlike en professionele sake gaan oorneem met die woorde: “Ék is nou Britney Spears.”
‘Gyselaarsdrama’ duur voort by Gold One-myn
Die dispuut hou verband met vakbondverteenwoordiging by die myn.
Kragkrisis: ‘ANC volg kortpaaie voor die verkiesing’
“Dit word al hoe meer duidelik dat die ANC-regering poog om te spoeg-en-plak waar hulle kan om beurtkrag tot die verkiesing te beheer. Hulle het nie enige langtermyn-strategie wat tot voordeel van die land is nie.”
Daar’s lig in beurtkragtonnel – Ramokgopa
Die minister van elektrisiteit is positief oor die vordering in opwekkingskapasiteit en sê Eskom word tot hoër vlakke van bedryfsdoeltreffendheid herstel.
Riaan Benadé se hele boksemdais is nou tops
Na slegs twee weke op die Top-20 is Riaan Benadé se “Boksemdais” nou heel bo-aan die treffersparade.
SA trek laer om Bongi
Springbok-spelers, afrigters en selfs ʼn minister het die afgelope paar dae vir die haker in die bresse getree, nadat hy van rassisme aangekla is.
Uitdrukking: ʼn Skimp gooi of vang
Ons almal ken die uitdrukking om ʼn skimp te gooi of te vang, maar waar kom dit vandaan? Lees vandag se Taaltoffie om meer te wete te kom.
Foto’s: Leerders laat hare waai vir seun se kleinsus met kanker
“Ons kinders het hulle harte en hande oopgemaak. Toe een eers kom, het daar net meer en meer leerders aangemeld om hulle hare te laat skeer en sny. Dit was ʼn massa-skenking en net weer ʼn bewys dat kinders werklik nog vir mekaar omgee.”
Bokke sal hul storie moet ken teen Kiwi’s
“Ons het een kans en 80 minute. Só ʼn geleentheid kom net een keer in vier jaar,” sê Kobus Wiese.
ToekomsVenster: Geloof is ’n gawe
Het jy opgelet hoe dikwels die woorde “ek glo” hierin na vore kom. Inderdaad, geloof is van ʼn gans ander dimensie. Dit is ʼn gawe van God die Heilige Gees.
‘Dis jou demokrasie’; OVK reg vir naderende stemdag
Daar word nog gewag op ’n amptelike stemdatum, maar die Onafhanklike Verkiesingskomitee sê hy is gereed vir dié belangrike verkiesing.
Appèlhof wys aansoek teen Kuba-skenking van die hand
Volgens AfriForum was Dirco se appèl teen ʼn interdik wat keer dat hy miljoene rande aan Kuba skenk ʼn “desperate poging”.
Troeteldierfoto: Stem vir die top-10-finaliste
Stem vir jóú gunstelinge en kom in aanmerking vir ʼn geskenk van Afrivet!
Muntstuk-opskiet is nie 50/50 nie
As jy ʼn effense voordeel wil hê wanneer ʼn muntstuk in die lug opgegooi word, het dié navorsers vir jou ʼn wenk.
WB-eindstryd dalk blaser Barnes se laaste toets
Barnes moet Saterdag beheer neem in die stryd tussen Erasmus se verdedigende kampioene, die Springbokke, en Nieu-Seeland – en die wenners in die titaniese eindstryd sal die Webb Ellis-trofee vir ʼn geskiedkundige vierde keer omhoog hou.
Proteas laat waai in Mumbai
Quinton de Kock [174 lopies] het sy derde honderdtal van die Wêreldbeker-toernooi geslaan en saam met Heinrich Klaasen [90 lopies] gesorg dat die Proteas 382/5 teen Bangladesj kon aanteken.
Europa-verkiesings bied blik op moontlike politieke verskuiwing
Die partye wat goed gevaar het, was almal partye wat sterk standpunt teen immigrasie, en veral onwettige immigrasie, ingeneem het. Die partye wat goed gevaar het, is ook almal ten gunste van die behoud van hulle lande se eiesoortige kultuur en karakter.