Volgens die Internasionale Krieketraad (IKR) het meer as 1,2 miljoen toeskouers die Wêreldbeker-wedstryde in Indië bygewoon.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Krieketwêreldbeker 2023"
Head verdien ʼn klop op die skouer
In die twee uitspeelwedstryde van die Wêreldbeker-kriekettoernooi in Indië het Travis Head van die beste krieket van sy loopbaan opgedis.
Aussies speel stadion stil vir sesde titel!
Australië se krieketspan is die Wêreldkampioen nadat Travis Head (137) onder meer uitstekend kop gehou het in die suksesvolle lopiejaagtog.
Proteas gaan Quinny mis
Quinton de Kock se laaste internasionale eendagkrieketwedstryd was gelaai met drama en opwinding, maar dit is waarskynlik ook een waarna hy nie met ʼn tevrede glimlag sal terugkyk nie. Tog het hy [vir oulaas] sy stempel dubbel en dwars op die groot verhoog afgedruk.
Walter tree vir Bavuma in die bresse
“Ek dink baie mense vergeet dat Temba die hoofrol in ons kwalifiseringsproses vir die toernooi gespeel het.”
Twee rugsakke, twee weke en ʼn krieketkolf
Ek en my seun André is albei mal oor krieket en met die skoolvakansie op hande het ons met groot afwagting die tog aangepak.
Protea-hartseer op Eden Gardens
ʼn Mens hou altyd heimlik duim vas dat dinge anders kan uitdraai, maar oudergewoonte is Wêreldbeker-uitspeelwedstryde die Proteas se achilleshiel.
Dankie tog vir David!
David Miller se vegtersbeurt van 101 lopies het darem gesorg dat Suid-Afrika ʼn rapsie meer as 200 lopies op die telbord in die Wêreldbeker-halfeindstryd teen Australië het.
Bavuma uit vir ʼn nulletjie
Die Protea-kaptein het met ʼn dyspierbesering in aanloop tot die halfeindstryd teen Australië gesukkel en hy het vandag ná die muntstuk-lootsessie gesê dat hy nie “100%” fiks is nie.
Proteas kan geskiedenis maak
Indien die Proteas wel verloor, sal dit nie wees omdat hulle “choke” nie. Kenners sê hul sê oor die Proteas se Wêreldbeker-vooruitsigte.
Blitzkrieg! Indië befomfaai Kiwi-boulers
Virat Kohli het sy 50ste eendagkriekethonderdtal gemoker, Shreyas Iyer het die grenshoue laat neerreën en Indië het amper 400 lopies teen Nieu-Seeland aangeteken.
Temba sal nie voorkeurbehandeling geniet
“Op die ou einde is niemand groter as die span nie. Dit geld vir Temba (Bavuma) en enige ander speler.”
Mediese span ‘monitor’ Bavuma
Temba Bavuma toon vordering nadat hy sy dyspier in die Proteas se laaste Wêreldbeker-groepwedstryd seergemaak het.
WB-geskiedenis wink vir Proteas teen Aussies
Rassie van der Dussen meen dat Australië weet hoe om in uitspeelwedstryde die uitklophou te plant, maar Suid-Afrika sal in Donderdag se halfeindstryd speel om te wen.
Marsh kolf soos ʼn masjien teen Bangladesj
Australië en ʼn omgesukkelde Mitchell Marsh het ʼn sterk waarskuwing voor Donderdag se Wêreldbeker-halfeindstryd teen Suid-Afrika uitgestuur: Moenie met ons mors nie.
Bavuma sukkel met ’n dyspierbesering
“My been is seer. Ek weet nog nie wat die presiese omvang van die besering is nie, maar ek behoort gereed vir die halfeindstryd te wees.”
Rassie vat Proteas oor wenstreep
Die Proteas laat nie sommer ʼn lopiejaagtog maklik lyk nie, maar hulle het sopas vir Afghanistan met vyf paaltjies in Ahmedabad geklop.
Proteas benodig 245 lopies teen Afghanistan
Gerald Coetzee het vier paaltjies teen Afghanistan laat spat, terwyl Quinton de Kock ses vangskote benut het.
Tiere frons ná Donald talm-appèl kritiseer
“Allan Donald is ʼn lid van die bestuur en om in die openbaar oor ʼn spanbesluit kommentaar te lewer is ʼn oortreding van die gedragskode.”
Proteas moet terug op momentumtrein teen Afghanistan klim
“Dit is baie lekker om Afghanistan se vordering in die Wêreldbeker-toernooi dop te hou. “Hulle het reeds ʼn paar van die groter spanne ore aangesit.”