Amper ʼn maand nadat Engeland sy eerste krieketwedstryd by die Wêreldbeker-toernooi in Indië gewen het, kon die span darem Woensdag met Nederland afreken.
Alles vir die sleutelwoord "Krieketwêreldbeker 2023"
‘Maxi-mum’: Aussie moker uitstekende 200-tal
Glenn Maxwell het sy bynaam van The Big Show teen Afghanistan gestand gedoen: Die 35-jarige kolwer was die hoofkarakter in ʼn merkwaardige eenmanvertoning.
Angelo sien rooi ná Tiere oor gedraal kla
“Ek kan dit nie beskryf nie. In my 15 jaar van internasionale krieket het ek nog nooit ʼn speler of ʼn span so laag sien daal nie.”
83 almal uit!
Die kolwers het in hul dop gekruip en die Proteas het sleg teen Indië op ʼn stadige Eden Gardens-baanblad verloor.
100-tal vir Virat op verjaardag
Indië se Virat Kohli het die 49ste honderdtal van sy eendagkrieketloopbaan gemoker, sommer so op sy 35ste verjaardag, en Suid-Afrika benodig nou meer as 300 lopies vir ʼn oorwinning.
Aussies gee Engelse nóg ʼn bloedneus
Engeland het sy sesde nederlaag van die Wêreldbeker-kriekettoernooi in Indië gely toe sy kolwers nie die mas teen Australië se Adam Zampa en sy makkers kon opkom nie.
Reën stuit Pakistan nie in sy spore
Pakistan staan ʼn realistiese kans om vir die halfeindstryd van die Wêreldbekertoernooi te kwalifiseer nadat hy Nieu-Seeland met 21 lopies volgens die DLS-metode geklop het.
Jansen se krieketster skitter in Indië
Die 23-jarige hemelbesem – hy laat die maatband tot 2,06 m rek – slaan gereeld sesse teen die einde van ʼn kolfbeurt, terwyl hy ook paaltjies in die belangrike kragspelfase neem.
‘Ons kán Indië klop,’ sê krieket se Rassie
Suid-Afrika is tans een van die min Wêreldbeker-spanne wat nie net by die onoorwonne Indiërs kan kers vashou nie, maar hulle ook op hul tuisveld kan ore aansit.
No. 4 vir Quinton!
Met sy vierde Wêreldbeker-honderdtal het Quinton de Kock nou reeds 545 lopies in sy sewe wedstryde teen ʼn gemiddeld van 77,85 gemoker.
WB-krieket: Engeland maak ook skande teen Indië
Die Engelse, wat laaste op die puntelys is ná vyf nederlae in ses wedstryde, se kolwers het Sondag in Lucknow weer ingeplof, dié keer teen Indië.
Aussies klop Kiwi’s in rillerstryd
Ewe skielik word alle wedstryde baie beter bygewoon nadat Indië se krieketbase plan gemaak het om die stadions vol te kry.
Eenpaaltjiesukses: Bokke inspireer Proteas
“As ʼn mens veral na die halfeindstryd teen Engeland kyk; die Springbokke het pleinweg net ʼn manier gevind om te wen. Vir ons as spelers was dit baie inspirerend om te sien hoe hulle weier om op te gee.”
Kolwers sal nou staal in lopiejaagtog moet wys
Ná ʼn paar groot tellings weet almal dat die Proteas die pap dik kan aanmaak wanneer hulle eerste kolf. Hulle moet egter nou 271 lopies vir ʼn oorwinning teen Pakistan aanteken.
Maxwell verbeter Markram-mokerrekord
Glenn Maxwell, Australië se woer-woer-kolwer, het net 40 aflewerings benodig om sy honderdtal teen Nederland te vier.
Proteas lewer nóg ʼn kragvertoning
Die Proteas se 382/5 teen Bangladesj was die vierde keer dat hulle meer as 380 lopies in die jongste eendagkrieketjaar kon aanteken.
Proteas laat waai in Mumbai
Quinton de Kock [174 lopies] het sy derde honderdtal van die Wêreldbeker-toernooi geslaan en saam met Heinrich Klaasen [90 lopies] gesorg dat die Proteas 382/5 teen Bangladesj kon aanteken.
Trott trots op sy Pakistan-temmers
Afghanistan is tans bo Bangladesj, Sri Lanka en Engeland op die amptelike Wêreldbeker-punteleer en Jonathan Trott is baie trots op sy spelers.
Engeland nader SA gebore bouler
Die Suid-Afrikaans gebore Brydon Carse is Maandag deur die Engelse span in die Wêreldbeker-kriekettoernooi genader om die beseerde Reece Topley te vervang.
Stokes gereed vir aksie teen Proteas
“Ons is glad nie paniekerig nie en hopelik kan ons dinge op die veld regstel.”