Engeland nader SA gebore bouler   

Brydon Carse (Foto: Oli SCARFF/AFP)

Die Suid-Afrikaans gebore Brydon Carse is Maandag deur die Engelse span in die Wêreldbeker-kriekettoernooi genader om die beseerde Reece Topley te vervang.

Carse het tot dusver 12 eendagwedstryde en drie T20-wedstryde vir Engeland gespeel sedert hy in 2021 sy debuut gemaak het.

Topley het sy linkerwysvinger in Saterdag se nederlaag teen Suid-Afrika gebreek en gaan die res van die Wêreldbekertoernooi in Indië misloop. Hy was Engeland se beste bouler in die toernooi.

Topley het ná Saterdag se wedstryd skanderings ondergaan wat die volle erns van sy beserings aangedui het, het die Engelse en Walliese Krieketraad in ʼn verklaring gesê. Hy sou binne 24 uur na Engeland teruggekeer het waar hy saam met Engeland en Surrey se mediese spanne sal werk aan sy herstel.

Engeland, die verdedigende kampioen, het nog net een van sy vier wedstryde in die Wêreldbeker-toernooi gewen en het ʼn opdraande stryd om die halfeindronde te haal.

Die Engelse span kom Donderdag teen Sri Lanka te staan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.