Sotheby’s-afslaers beskryf die Macallan Adami 1926 as “die wêreld se mees waardevolle whisky”.
Lees meerAlles vir Maandag 23 Oktober 2023
638 polisievoertuie in onbruik in Vrystaat
“Die Vrystaat, waar plaasaanvalle en veediefstal risiko’s vir landelike veiligheid is, kan nie bekostig dat polisievoertuie staan terwyl dit veronderstel is om die gemeenskap te beveilig nie.”
Malema se aanval op landdros ten sterkste veroordeel
“Indien dit nie betwis word nie, sal Malema se kommentaar ʼn ysingwekkende boodskap aan ander geregtelike beamptes stuur, dat hulle nie durf om uitsprake te maak teen magtige figure wat ʼn groot gehoor het nie.”
Reserwebank-adjunkpresident bedank
Kuben Naidoo, een van die Reserwebank se adjunkpresidente, het sy bedanking by pres. Cyril Ramaphosa ingedien.
Myners gyselaar gehou by Gold One-myn
“Enige optrede wat die lewens en veiligheid van dié mynwerkers bedreig, is onaanvaarbaar. Ons versoek dat alle mynwerkers onmiddellik en veilig vrygelaat sal word.”
Vaarwel, Bobi: Wêreld se oudste woef se blaf is stil
Bobi was ʼn opregte Rafeiro do Alentejo, ʼn honderas met ʼn gemiddelde lewensverwagting van tussen 12 en 14 jaar. Dié hond het uiteindelik 31 jaar en 165 dae oud geword.
ToekomsVenster: Drie in een
Ons is mense van geloof. Ten diepste glo ons dat God met ons op pad is; God Drie-enige, Vader, Seun en Heilige Gees.
Merke, gereed… Só lyk matriekeksamenrooster
Meer as 723 000 kandidate sal amptelik op 30 Oktober hul Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen begin skryf.
Kersfees – gee met liefde in Afrikaans
Skielik is dit die laaste kwartaal van die jaar en die winkelrakke is reeds vol groen, rooi, goud en silwer om die Kersgety nader te roep. Mag ons nooit die ware liefde van gee vergeet nie.
Saoedi se ‘gamer’-prins kondig e-Sport-wêreldbeker aan
Dié toernooi sal die gewildste speletjies ter wêreld in alle genres insluit en die grootste prysgeld in e-Sport-geskiedenis hê, aldus Saoedi-Arabië se kroonprins Mohammed bin Salman.
Dié vyf SA eetplekke wen smaaklike wêreldtoekennings
Suid-Afrika self het ook die top-eerbewyse verower, as ‘Afrika se beste kulinêre bestemming’.
Pa bly agter tralies ná beweerde verkragting
Bure van die gesin het die ma gehelp om die polisie te ontbied en die baba is na ʼn hospitaal geneem.
Só werk ‘Die Brug’
Die grootste vraag is egter: Wie kan vir wie vertrou, en wie gaan die geld deel as hulle dit eerste sou vind?
Roemenië verdeeld oor toekoms van beerbevolking
Aan die een kant is boere en veewagters bekommerd oor die bere wat hul vee vang en aan die ander kant is bewaringsbewustes bekommerd oor die bere se welstand en derhalwe daarteen gekant dat nog meer bere van kant gemaak word.
Down se sindroom met vet pret, prestasies gevier
Net omdat iemand ’n ekstra kopie van die 21ste chromosoom het, beteken dit nie dat hulle nie kan presteer en floreer nie.
Kaapse biblioteke bied steeds ʼn ‘veilige hawe’
Lucien Ruiters, bestuurder van die biblioteek in Hanover Park, sê dit is nie ongewoon om uit dié biblioteek se vensters te sien hoe iemand beroof, met ’n skerp voorwerp gesteek of in hegtenis geneem word nie.
Kyk: Hoort Pollard, Ox in beginspan?
Dis Saterdag die Wêreldbeker-eindstryd! Arnold Geerdts antwoord weer ʼn paar moeilike lesersvrae en spreek hom uit oor die vraag of Pollard en Ox in die beginspan moet wees.
Engeland nader SA gebore bouler
Die Suid-Afrikaans gebore Brydon Carse is Maandag deur die Engelse span in die Wêreldbeker-kriekettoernooi genader om die beseerde Reece Topley te vervang.
AfriForum, Zoeloe-koninkryk vat hande met skoonmaakprojek
AfriForum en die Zoeloe-koninkryk se ideesentrum, Indonsa Yesizwe, het die nalatenskap van koning Dinuzulu kaCetshwayo gedenk deur ʼn begraafplaas, waar verskeie van sy direkte familielede begrawe is, saam skoon te maak.
Meryl Streep, man ‘kies om aparte lewens te lei’
Hulle is al vir meer as ses jaar van bed en tafel geskei.