Prins Harry het tydens die onderhoud meer lig gewerp op sy verhouding met sy pa en broer.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "In die nuus"
Covid-19-statistieke: Minder as 1 000 nuwe gevalle
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Sondagaand bevestig dat 1 521 068 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.
Texas spog met sy eie SA kombuis
Met hul besigheid, My South African Kitchen in Waco, Texas, is ‘n Suid-Afrikaanse gesin besig om een happie op ‘n slag brûe te bou tussen kulture en nasies.
Raaisel oor vrou se verbrande liggaam langs grondpad
Die liggaam lê vermoedelik al geruime tyd op die stortingsterrein.
Vrou 7 maande in hospitaal weens Covid-19
Elma Jordaan is baie swak en kan nog nie haar hande gebruik of self loop nie.
Transnet-hoë in ‘sluipmoordaanval’ geteiken
Die amptenaar het die afgelope paar maande reeds verskeie doodsdreigemente ontvang.
eNCA-verslaggewer met dood gedreig ná maskerdebakel
“Die mishandeling van joernaliste, veral vroue, is algemeen op sosialemediaplatforms. Ons het die soort misbruik ook al by politieke geleenthede, saamtrekke en betogings gesien waar vrouejoernaliste gestamp, seksueel geteister en aan verbale misbruik onderwerp is.”
Kuiken vir wêreld se oudste wilde voël
Wisdom is niks minder nie as 70 jaar oud en sy keer elke jaar na dieselfde nes terug.
Foto’s: Fiëstas vereer drie legendes
Drie legendes – ’n radioman, regisseur en akteur asook ʼn bekende in die vermaakbedryf en ’n wêreldbekende fotograaf – word vanjaar by die Fiësta-toekennings vir hulle lewensbydrae vereer.
Departement se ywer met afsetting van boere ‘skokkend’
Die DA sê die minister van landbou moet boere beskerm teen afvallige amptenare wat landwyd chaos veroorsaak.
Sterwende pasiënt, dokter getuig in genadedoodsaak
Suzanne Walter sal na verwagting getuig oor hoe sterwende pasiënte, wat genadedood verkies het, gely het.
Stormende EFF-LP’s skuldig aan wangedrag
Die groep LP’s het Pravin Gordhan se begrotingstoespraak in die parlement in 2019 ontwrig.
Covid-19-statistieke: So lyk die syfers
Kry die jongste Covid-19-syfers hier.
Branden vuurwarm in Arnold Palmer-toernooi
Hy het soos ʼn sneltrein weggespring en vyf voëltjies oor die eerste nege putjies aangeteken vir ʼn puik 32.
Maats probeer vergeefs tiener se lewe red
Hulle het glo sowat 20 minute lank probeer om die seun by te bring.
Dokter in boeie ná sy glo vir metro wegjaag
“Die woedende vrou het haar Merc in die middel van die hoofweg gestop. Sy was reeds kwaad …”
Foto’s: Olifantkalf sterk goed aan ná strik-marteling
Die olifantkalf moes weke lank met die strik om haar kop rondloop – maar nou het sy ʼn veilige hawe gevind.
Olieprys op hoogste vlak in jare
In April verlede jaar, terwyl die Covid-19-pandemie wêreldwyd ekonomiese verwoesting gesaai het, het die prys van olie tot minder as nul dollar per vat gedaal. Dit styg nou egter beduidend.
Ongeluk op N1 in Limpopo eis sewe
Volgens die voorlopige ondersoek het ʼn sleepwaentjie van ʼn bakkie losgekom.
Geen einde aan koninklike moddergooiery
Daar is kommer oor wat die uitwerking van prins Harry en sy vrou, Meghan, se openhartige onderhoud met die kletskoningin Oprah Winfrey kan hê.