Zuma perdfris en gesond – MKP

Oudpres. Jacob Zuma (Foto: EMMANUEL CROSET / AFP)

Die uMkhonto weSizwe (MKP)-party ontken bewerings dat oudpres. Jacob Zuma weens lae bloeddruk en uitputting onlangs in Umhlanga en toe weer by sy huis in Nkandla geval het.

“President Zuma is gesond, sterk en in goeie luim. Sy leierskap en toewyding aan die MKP is so standvastig soos altyd,” hou Nhlamulo Ndhlela, MKP-woordvoerder, vol.

Dié party is allermins beïndruk met die bewerings oor sy presidentskandidaat wat vandeesweek die koerante gehaal het.

Ndhlela sê die bewerings is niks meer as ʼn berekende poging om onenigheid te saai en die vordering van die MKP te vertraag namate die party vastrapplek kry in die aanloop tot die verkiesing nie.

“Die stories word gepropageer deur apartheid-opgeleide joernaliste en magte wat gekant is teen die konsolidasie van swart mag. Hulle het ten doel om vrees en onsekerheid in ons geledere te skep,” sê Ndhlela.

“Diegene agter hierdie narratiewe is bang vir die krag en vasberadenheid van die MK-party. Die party staan as ʼn baken van hoop vir Suid-Afrikaners op soek na ʼn nuwe era van bemagtiging en verteenwoordiging.

“Die valshede oor president Zuma se gesondheid is desperate pogings om ons vordering te ontwrig en ons vasberadenheid te verswak,” hou Ndhlela vol.

Hy doen dan ʼn beroep op die party se ondersteuners om waaksaam te bly teen die verspreiding van verkeerde inligting en “bedrieglike leuens wat ontwerp is om die mag, eenheid en leierskap van ons mense, ons party en ons leiers te ondermyn.

“Hierdie bedrieglike gerugte dien net as afleiding. Hulle poog om ons fokus af te lei van die kritieke werk om ons mense te mobiliseer vir ʼn tweederdemeerderheid in die komende verkiesings,” sê Ndhlela.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Gesond soos Biden. Zuma sal almal verkeerd bewys en binnekort weer pa word.

Mari ·

@ Repunlikein
Ha ha ha!! En seker met ‘n tweeling of meer.

Oom Kaspaas ·

Te siek om tronk toe te gaan, maar spring lewendig om weer president te word

honeybee ·

Daar is baie mense wat hom beny, een oombik baie sieklik en die volgende dag dans hy soos n skou perd.

Casper ·

SjN,waarvoor moet hy teruggaan tronk toe.Hy het prsesidensieële kwyttskelding ontvang en hy is nog nie skuldig bevind in sy korrupsiesaak nie.

Oosieoos ·

Waar kry hy sy wonder medesyne ek soek ook ken baie mense wat rerig siek is. Hoop hy kry daai siektes wat hom pas

Pieter ·

Daar is darem maar niks wat so gesond kan maak soos ‘n Rand teken.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.