Paul Prinsloo, die sogenaamde Kosmos-skieter, het Maandag ʼn aanvullende verklaring ingedien oor hoe sy gesondheid oënskynlik agter tralies verswak.
Lees meerAlles vir Maandag 6 Mei 2024
Bloulig-beskuldigde in hof oor belastingbedrog
Die beskuldigdes het ‘n aansoek ingedien om die media te verbied om oor die saak te berig.
Hofuitspraak nie einde van die pad vir Zim-boere
Vandag se uitspraak bepaal dat slagoffers nie skadevergoeding van die Suid-Afrikaanse regering kan eis wat hulle weens die Suid-Afrikaanse regering se irrasionele en onwettige gedrag gely het nie.
Eskom hof toe oor City Power se R1 miljard-skuld
“Die munisipaliteit word deur die dispuut nie kwytgeskeld van sy wetlike verpligting om Eskom te betaal nie.”
Brandende landsvlag in DA-advertensie veroordeel
“Die Suid-Afrikaanse vlag simboliseer eenheid in ons diversiteit en die hoop en strewe van ons land. As bewaarder van alle nasionale simbole, insluitend ons landsvlag, veroordeel ek die DA se advertensie ten sterkste.”
Vrou gevonnis ná sy perde laat ly
Die klagte teen haar spruit uit haar optrede om die diere tot so ʼn mate te druk – sonder die nodige voeding en opleiding – met die uitsluitlike doel om met hulle aan sport deel te neem.
Tragedie tref George toe gebou ineenstort
Reddingswerk duur voort om persone, wat onder puin vasgekeer is, te bevry.
Lang uitstel in Klerksdorp-moordsaak
Wernich Botha het Maandag betreklik kalm in die hof voorgekom en is deur ʼn groep familielede en vriende ondersteun.
Patoloog getuig oor tweejarige se beserings voor sy sterf
Die patoloog het aan die hof gesê dat dié wonde egter nie die oorsaak van die kind se dood was nie, maar wel verwurging. Die waarskynlikste afleiding, gegrond op die plasing van die wonde aan die peuter se nek, was dat iemand haar gegryp en gewurg het.
Gru-plaasmoord in Glen: Buurplase loop deur onder veediefstal
Skaapboere wat skaars 12 km vanaf die vermoorde Morrison-egpaar woon, het sowat ʼn maand gelede hul laaste ses skape na die slagpale geneem, want selfs ʼn skaapkraal rég langs hul huis kon veediewe nie van stryk bring nie.
Woord: taan
Taaltoffie ondersoek die herkoms en betekenis van die woord “taan”.
ToekomsVenster: Julle sal die Heilige Gees ontvang
Mag ons baie bewus wees van die groot geskenk wat God gegee het: Sy Gees in die lewe van elkeen wat glo.
26 munisipaliteite strafregtelik verkla oor rioolstortings
ActionSA sê egter dit is nie genoeg om munisipaliteite net strafregtelik aan te kla nie. “Plaas hulle onder administrasie,” sê dié party.
Man vertel van sy hel toe hy in hondehok aangehou is
Hoe word ʼn kind wat jare lank mishandel en misbruik is, voortdurend vir sy gewelddadige pa moes vlug en van een kinderhuis, skool en pleeggesin na die ander geslinger is, weer heel?
SA se 4×400-manne kwalifiseer vir Spele
Die Wêreldaflosbyeenkoms in die Bahamas het Suid-Afrika se eerste medalje opgelewer sedert Yokohama in 2019, toe die mans-4×400 m-span silwer gewen het.
Kapenaars staan saam om winterkoue te bekamp
“Ons ken die toestande wat die mense van Kaapstad in die wintermaande moet deurmaak, en ons gaan aanhou werk om armoede hok te slaan.”
Kook dié supervoedsel-sop vir gesonde vel, maag én immuunstelsel
Jy het moontlik baie van dié bestanddele reeds in jou kombuis.
Franse bak langste baguette ter wêreld
Deelnemende bakkers het om 03:00 aan 152 kg se deeg begin knie. Die deeg het sowat 90 kg meel, 60 liter water, 1,2 kg sout en 1,2 kg gis bevat.
Huislening kos SA’ners 42% meer as in 2021
Hemelhoë rentekoerse die afgelope twee jaar het daartoe gelei dat R98 miljard se huislenings by die land se vier grootste banke al vir drie maande agterstallig is.
Resensie: Verteerbare dokkie bekyk binnewerke van binnegoed
ʼn Mens moet jou woorde maar versigtig kies, want die dokkie gaan oor ʼn omstrede onderwerp: presies wat in jou spysverteringstelsel en daarna gebeur!