Resensie: Verteerbare dokkie bekyk binnewerke van binnegoed

HACK YOUR HEALTH: THE SECRETS OF YOUR GUT
⭐⭐⭐⭐⭐⭐⭐(7/10)
Regisseur: Anjali Nayar
(Netflix)

Met Hack Your Health: The Secrets of Your Gut moet ʼn mens jou woorde maar versigtig kies, want die dokkie gaan oor ʼn omstrede onderwerp: presies wat in jou spysverteringstelsel en daarna gebeur!

Hoekom ʼn dokumentêr daaroor maak? Want baie mense kan nie gewig verloor nie … Klink dit bekend? Of kry onverwags maagpyne en slegte spysvertering, klaarblyklik om geen rede nie. Of hul badkamergewoontes is ongereeld of selfs onnatuurlik en moeilik.

As hierdie eufemismes bekend klink, mag Hack Your Health: The Secrets of Your Gut van hulp wees, want dit verduidelik natuurlik dat wat jy eet jou lewe kan beïnvloed.

‘n Skermgreep uit die lokprent vir “Hack your Health: The Secrets of Your Gut”.

Het jy geweet dat jou derms met jou brein kommunikeer en dat Brusselse spruite omtrent die gesondste kos is wat jy kan eet? Natuurlik ook avokado’s, en wat van daardie vetterige hoender wat jy so graag vir middagete op kantoor verorber?

Tog is daar ʼn oplossing vir sekere kwale. Wat dit is, en glo my, jy sal jou hand voor jou mond klap as jy moet weet, moet jy sien om te glo. Hack Your Health: The Secrets of Your Gut neem jou na plekke waarheen jy dalk nie altyd geneem wil word nie en gee interessante raad oor dinge wat jy nooit besef het jy weet nié.

(7/10)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.