Woord: taan

Argieffoto. (Foto: Ben White/Unsplash)

Woord:
taan

Betekenis:
“Taan” kan as werkwoord, selfstandige naamwoord of byvoeglike naamwoord gebruik word. Die werkwoord verwys na iets wat minder word of verflou en ook na die proses van iets wat helderheid of glans verloor en dof raak. As selfstandige naamwoord en byvoeglike naamwoord verwys dit na ʼn geelbruin kleur.

  • Dit is bedags nog heerlik warm en sonnig, al is die herfs besig om te taan.
  • Linnebaadjies in kleure soos taan en beige is tydlose kledingstukke.

Waar kom dit vandaan?
Volgens die Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA) kom “taan” van die Nederlandse tanen wat reeds in 1622 gebruik is. Die woord het destyds in die vissersbedryf ontstaan en verwys na die proses waar visnette in ʼn verfstof gekook is om dit duursamer te maak. Dit het veroorsaak dat die nette ʼn geel of, met byvoeging van ander stowwe, ʼn bruin kleur kry. Hieruit het die betekenis uitgebrei na algemene verkleuring en die verlies van helderheid.

Bronne: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA), Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT), Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.