ʼn Vriend van Callie Erasmus, die jong man wat Saterdag in die vroeë oggendure verdrink het, het met sy selfoonflitslig vir Erasmus in die stikdonker tonnel gelig, terwyl hy met trappies in die skag afgeklim het. Die volgende oomblik was Erasmus skoonveld.
Lees meerAlles deur die skrywer Jana Smit
‘Tragiese ongeluk’ op damwal eis jong man
Na verneem word, het die jong man gegly en in ʼn pyp afgetuimel.
‘Cartier’-oorbelle spotgoedkoop verkoop ná foutjie met prys
Hy het ná ʼn maande lange stryd uiteindelik die twee paar oorbelle, wat hy teen $28 elk (sowat R525) gekoop het, ontvang. Die oorbelle kos eintlik $28 000, oftewel sowat ʼn halfmiljoen rand.
Liebenberg hof toe teen Meta oor ‘vals, lasterlike’ opmerkings op Facebook
Liebenberg vra Meta om die inligting binne vyf dae aan hom te verskaf met die oog op Suid-Afrika se verkiesing op 29 Mei, waarin hy hom as onafhanklike kandidaat verkiesbaar gestel het.
18 000 km te voet om spekboom te plant
Mark Mitchell het agt maande gelede begin het met ʼn staptog van 18 000 km om ʼn spekboom al die pad van Kaap Agulhas tot by Oslo in Noorweë se botaniese tuin af te lewer.
Nog twee Uniq-klerewinkels open in Gauteng
Die Shoprite-groep se Uniq-winkels het boonop ʼn selfbedien-betaaltoonbank wat beteken klante hanteer self die betalings deur ʼn skandeerder en rekenaar te gebruik.
Verslag: Talle SA’ners oorleef op skuld
Die uitwerking van die voortdurende stygende koste van elektrisiteit beteken ook dat 41% van landsburgers daarsonder klaarkom. Verbruikers sal vanjaar selfs meer noustrop trek nadat Eskom-tariewe onlangs met 12,74% gestyg het.
Geliefde onderwyser, ma sterf by dodelike kruising
Gerda Senekal, VF Plus-raadslid van die Emfuleni-munisipaliteit, sê sy het al menigte kere en wéér Dinsdag ʼn beroep op Gautrans gedoen om die kruising te beveilig deur die oprigting van oorhoofse ligte, padtekens wat die hoë ongeluksone aandui en betonriffels op die padoppervlak.
Dienshond toegang tot koffiewinkel geweier
“Om weggewys te word weens my dienshond en my gestremdheid…” Dit was ʼn groot verleentheid vir Lea-Anne Rousseau toe sy en haar familie by ʼn restaurant weggewys is oor die teenwoordigheid van haar mediese dienshond. Tog beskou sy die ondervinding ook as ʼn geleentheid om bewusmaking te skep.
Top Aussie-spioen vra toegang tot geënkripteerde boodskappe
Enkripsie is aan die een kant ʼn positiewe element vir die demokrasie en ekonomie, maar sommige kenners meen dit kan terroriste, spioene, saboteurs en misdadigers help beskerm.
VSA-egpaar sleep Google Maps hof toe ná aanval in township
“Van hierdie aanvalle laat slagoffers beseer, vermink of dood. Weens dié gewelddadige aanvalle is ’n stuk van die snelweg ‘Hell Run’ gedoop.”
Boerbok vir rekordprys verkoop
’n Stoet-Boerbokram is vir ’n nuwe Suid-Afrikaanse rekordprys van R1,05 miljoen van die hand gesit.
Speurder in hof oor jong pa se skietdood
’n Speurder van Johannesburg is een van drie mense wat verdink word van die sluipmoord op Armand Swart verlede week.
Swart regslui ‘sou my vrae help beantwoord’ – regter
Die insette van swart advokate sou van nut gewees het in die saak, was die mening van regter Mandlenkosi Percival Motha wat in die hooggeregshof in Pretoria oor ʼn saak oor swart ekonomiese bemagtiging moes beslis.
SA barista verower derde plek in wêreldwye kompetisie
In die Jacobs-huishouding sal jy nie kitskoffie kry nie. Trouens, as mense kom kuier en melk en suiker in hul koffie drink, moet hulle maar self melk en suiker saambring.
Louis Liebenberg: ‘Stem vir my, want ek kan mense oortuig’
Die omstrede diamantsmous Louis Liebenberg wil nou parlement toe. Hy het Donderdag by die bekendstelling van sy party, Herbou, gesê waarom kiesers vir hom moet stem.
Sorour-moord: ‘Leuens op leuens het ingehaal’
Vrydag is Rudi Gericke altesame 12 jaar tronkstraf opgelê vir moord en twee jaar tronkstraf vir aanranding met die doel om ernstig te beseer. Die vonnis word gelyklopend uitgedien.
Polisielid vas ná man in bakkie geskiet word
Kringtelevisiebeeldmateriaal wys hoe die skieter nader ry terwyl die slagoffer wag vir die elektriese hek om oop te gaan.
Hernude oproepe vir ondersoek na parlementêre sekretaris se salaris
Ondanks ʼn senior advokaat wat deur die parlement aangestel is en wat bevestig het dat Nosiviwe Mapisa-Nqakula en Nkosiyakhe Masondo verantwoording moet doen, het hulle die regsadvies geïgnoreer en ná Mapisa-Nqakula se bedanking besluit om nie die saak verder te voer nie.
Hernude oproepe vir ondersoek na parlementêre sekretaris se salaris
Ondanks ʼn senior advokaat wat deur die parlement aangestel is en wat bevestig het dat Nosiviwe Mapisa-Nqakula en Nkosiyakhe Masondo verantwoording moet doen, het hulle die regsadvies geïgnoreer en ná Mapisa-Nquakula se bedanking besluit om nie die saak verder te voer nie.