Hernude oproepe vir ondersoek na parlementêre sekretaris se salaris

mapisa_nqakula, speaker, hof, ondersoek, nasionale vergadering

Nosiviwe Mapisa-Nqakula. (AFP).

Die DA het ʼn mosie ingedien vir ʼn amptelike ondersoek na die salaris van Xolile George, parlementêre sekretaris.

Siviwe Gwarube, DA-LP en hoofsweep van die party, sê dié mosie kom nadat die voorsitters van die komitee die saak vertraag het en dit in wese onder die mat probeer invee het.

George se salaris is luidens berigte kort ná sy aanstelling met bykans 70% opgestoot; van R2,6 miljoen tot R4,4 miljoen.

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, destydse speaker van die nasionale vergadering, is onder verdenking vir haar betrokkenheid by dié beweerde onregmatige verhoging. Die speaker en nasionale raad van provinsies se voorsitter (destyds Nkosiyakhe Masondo) vorm die uitvoerende gesag.

George se vergoedingspakket is glo deur hulle, as uitvoerende gesag, verhoog.

Gwarube sê die DA het die parlement se gesamentlike staande komitee oor finansiële bestuur genader om die saak te ondersoek, maar nadat die voorsittende beamptes die kwessie “uitgerek en uiteindelik onder die mat ingevee het”, is die staande komitee genader.

Sy sê ondanks ʼn senior advokaat wat deur die parlement aangestel is en wat bevestig het dat Mapisa-Nqakula en Masondo verantwoording moet doen, het hulle die regsadvies geïgnoreer en ná Mapisa-Nquakula se bedanking besluit om nie die saak verder te voer nie.

DA-hoofsweep Siviwe Gwarube (Foto: Siviwe Gwarube/Facebook)

 

Die DA het ʼn klagte by die komitee oor magte en voorregte ingedien om die beweerde aandadigheid van Mapisa-Nqakula te ondersoek, en ’n soortgelyke klagte by die nasionale raad van provinsies (NRP) om Masondo te ondersoek.

Die DA vra vir die samestelling van ʼn ad hoc-komitee om die kwessie deeglik te ondersoek.

Gwarube sê die feite oor die salarisverhoging is vaag en vrae bly onbeantwoord.

“Hoekom word [George] ʼn salaris toegeken wat 70% hoër is as wat op die webwerf geadverteer is en wat is in die parlement voorgelê? Watter regstellende stappe bly oor? Wie moet verantwoordelik gehou word vir die misleiding van die parlement?”, vra sy.

 

George, wie se salarisaanpassing destyds stil-stil gedoen is, het ʼn stadium ʼn groter salaris as pres. Cyril Ramaphosa verdien.

“Die DA sal nie rus totdat hierdie vrae beantwoord is nie. Die adjunkspeaker en voorsitter van die NRP kan besluit om die komitee saam te stel en te verseker hy dien die verslag in voor die parlementêre termyn op 21 Mei verstryk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johann ·

Die gemak wat miljoene gevat of weg gegee word is net verbysterend!

Oosieoos ·

Almal in parlement is 90% oorbetaal hoop dit gaan reggestel word na verkiesing

Wondermaarnet ·

Hulle werk in miljoene en ek moet maar aansukkel en werk in honderde.

george ·

Wondermaarnet so waar wat jy se. As mens nie so gesukkel het om kop bo water te hou nie, kon mens jouself eintlik pap gelag het. Alles gaan op, partykeer werk ons nie een meer in honderde n sekere tyd van die maand nie, ons moet in tiene werk. Maar so sukkel ons aan en die boonste gestoeltes se monde blink van die skaapvet.

Ronel ·

En so stroom die belasting gelde net weg….vir altyd….die mat wat die skuldiges gebruik is grootter as Aladin sin!

domheks ·

Geld word sommer soos eiers uitgedeel. Doen dit vir my dan verhoog ek jou ‘pay’!

Aggie ·

Dankie DA ! Ek salueer julle! Hoekom is die ander lede van die Pakt so stil?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.