Dié uitslag gee die DA ʼn agterstand in die komende plaaslike verkiesing.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "politiek"
‘Gaan Suid-Afrika oukei wees?’
Pres. Ramaphosa het die wil om die land reg te ruk, maar is ‘n dienswillige instrument in adj.pres. David Mabuza se hande, skryf Jan-Jan Joubert in sy nuwe boek.
Politieke partye moet nou sê oor skenkings
‘n Nuwe wet sal politieke partye in Suid-Afrika noop om enige skenkings ten bedrae van R100 000 en hoër te verklaar.
Baleka Mbete: ‘Misdaad, korrupsie en ongelykheid in SA nie so erg’
Volgens Mbete kan mense nie die probleme wat Suid-Afrika tans ervaar, soos misdaad wat buite beheer is, voor die ANC se deur lê nie.
Nuuskommentaar: Bly of gly? Identiteitspolitiek onder die vergrootglas
Die woord, identiteitspolitiek, word algaande meer en meer in geskrifte aangetref, ook internasionaal. Hoekom is identiteitspolitiek nou so onder die vergrootglas en wat presies behels dit?
Obama: van politieke verhoog tot Hollywood-stel
Oudpres. Barack Obama het noue bande met Hollywood se kulturele hoës wat dikwels na die Withuis genooi is. Hy het onteenseglik geweet dat vermaak ʼn maklik manipuleerbare “wapen” kan wees om die publiek, en veral die ontvanklike jeug, te beïnvloed.
#JongStemme: Identiteitspolitiek is demokrasie se grootste vyand
Daar is twee vorme van identiteitspolitiek: Die een fokus op gemeenskaplike eienskappe en doelwitte, die ander op ’n gemeenskaplike vyand. Dus, gemeenskaplike doelwitte teenoor gemeenskaplike vyand. Dit is die tweede soort identiteit wat, na my mening, ’n donker wolk oor moderne politiek laat sak.
Loop lig vir leiers wat blindelings voortstorm
Hierin is ’n belangrike les vir moderne leiers opgesluit. Te veel leiers sien die internasionale politiek as ’n nulsom-spel – enigiets wat ék wen, gaan noodwendig ten koste van ’n ander, en andersom.
Boekresensie: ‘ʼn Stukkie van die legkaart’ deur dr. Rina Venter
As jy belangstel in die politiek of as die land se maatskaplike kwessies jou na aan die hart lê, behoort Venter se boek hoog op jou moet-lees-lysie te wees.
Verkiesing 2019: Wat nou volgende?
Terwyl die hele land nou op hete kole sit en wag om die finale verkiesingsuitslag vir Suid-Afrika se ekonomiese middelpunt, Gauteng, te ontvang, meen politieke ontleders reeds die land se sesde algemene verkiesing was die taaiste verkiesing sedert 1994.
Hoe lyk dinge tussen die Demokrate en sy kiesers?
In die wêreld se mees gevorderde supermoondheid sien ons Amerikaanse politiekery byna as iets om te beny. Die verskil? Terwyl staatskaping in Suid-Afrika die land tot bankrotskap geruïneer het, funksioneer en vaar die VSA heel goed. En juis daarom verstom die Demokratiese Party se geflikflooiery met sosialisme my.
#JongStemme: Gevaarlike kalante se kaskenades
As jy jou kruisie hard wil laat praat, gee dit vir die mense wat jou boodskap die beste gaan oordra. Ons het nie meer nodig om tussen die “beter een van twee duiwels” te kies nie. Kies die party wat jy weet jóú belange gaan verteenwoordig.
Podlitiek-onderhoude: Pikkie Greeff oor die weermag, Trump en die verkiesing
Pikkie Greeff, die nasionale sekretaris van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermagunie (Sanwu), gesels oor die weermag, pres. Donald Trump en volgende jaar se verkiesing.
Podlitiek-onderhoude: Dawie Scholtz praat oor die 2019-verkiesing
Dawie is ʼn groot voorstander van die gebruik van meningsopnames, peilings en data in die verkiesingsproses en glo dat dit selfs in Suid-Afrika van besondere belang is. Hierdie gesprek onderstreep hoe hierdie data in Suid-Afrika gesien moet word en ook wat dit vir ons Suid-Afrikaners op voetsoolvlak beteken.
Links en regs vandag – globalisme teenoor nasionalisme
Die een groot tema wat vandag linkses en regses skei, is globalisme teenoor nasionalisme en lokalisme, skryf Sebastiaan Biehl.
Dit is wat SA kan leer by Amerikaanse politiek
Laat die Amerikaanse ervaring ’n les vir Suid-Afrikaners wees. Beveg mekaar, ja. Maar moenie jou eie brûe agter jou verbrand nie; en hou altyd ’n agterdeur oop.
Akademia bied eerste graad in geesteswetenskappe
Akademia het Vrydag ʼn eerste kwalifikasie in geesteswetenskappe bekendgestel tydens ʼn byeenkoms in Centurion.
Dink twee keer oor beleide
Wanneer meeste mense die woord “beleid” hoor, skop hulle vas. ʼn Beleid is nie net iets wat politici skep om ons lewens moeilik te maak nie, maar ook iets wat in enige organisasie geskep word om die een of ander element van ons lewens te reguleer. Die daarstel van beleide is ʼn kuns.
Nuuskommentaar: Die teorie van politieke relatiewe realiteit
’n Artikel waarin die Amerikaanse joernalis Michelle Malkin die politiek-wetenskaplike terme afstof en selfs ʼn bietjie uitbrei, laat ’n mens besef dat die gewone demokrasie onder druk is, en hupstote van buite nodig het.
Hoekom is so baie regsgeleerdes so onkundig?
Koerante en webwerwe loop oor van die menings van kenners wat hulself beter van die taak kwyt om as woordvoerder vir die regerende party op te tree as wat hulle dit regkry om lesers in te lig oor die ware impak wat staatsinmenging op elke faset van ons lewens het.