Die N1-hoofweg naby die Bothalaan-afrit in Centurion is in albei rigtings vir verkeer gesluit nadat ʼn petroltenkwa aan die brand geraak het.
Lees meerAlles vir Maandag 5 Junie 2023
Tina Joemat-Pettersson sterf
Joemat-Pettersson was ten tyde van haar dood ’n ANC-LP en het as voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee vir polisie gedien.
DG van openbare ondernemings in die pad gesteek
Die departement van openbare ondernemings is amptelik op soek na ʼn nuwe direkteur-generaal nadat ʼn dissiplinêre ondersoek onthul het dat Kgathatso Tlhakudi wel die bepalings van sy dienskontrak oortree het.
Pampoenkraal: Verligting ná drie vrygespreek word
“Ons is verlig dat die waarheid geseëvier het en dat ons gebede verhoor is.”
Ondersoeker in Thabo Bester-saak sterf
Die senior ondersoeker het Maandagoggend nog regter Philip Loubser se uitspraak in dr. Nandipha Magudumana se aansoek in die Bloemfonteinse hooggeregshof bygewoon.
Ondersoekers op pad na Oos-Kaap ná grubotsing
Die ongelukondersoekspan sal die ongelukstoneel by hul aankoms in die Oos-Kaap rekonstrueer en ʼn volledige meganiese ondersoek doen.
Dubbelspaar uit Franse Ope ná bal joggie tref
Die duppelspaar Miyu Kato en Aldila Sutjiadi is Sondag in die Franse Ope gediskwalifiseer nadat ʼn jong baljoggie per ongeluk tydens die spel raakgeslaan is.
ToekomsVenster: Hemelse vrede en krag vir jou
Mag die vrede en krag wat in hierdie Psalm belowe word, vandag jou deel wees.
Rugbywedstryd gestop toe toeskouer mes inlê
Die toeskouer is deur die een van die klubvoorsitters agternagesit en met behulp van ander spelers voorgekeer.
Sakke vol perlemoen op ongelukstoneel gevind
Die vermeende smokkelaar is later vasgetrek nadat hy by die ongelukstoneel weg is en by ʼn vulstasie gaan skuil het.
Plaasmoorde: Wes-Kaap nié ‘immuun’
“Daar is ʼn besliste tendens van toename van misdaad in landelike gebiede in die Wes-Kaap en dit is kommerwekkend,” sê Agri Wes-Kaap ná die moord op Pierre en Belinda de Kock.
‘Bewaring’ vir die Suid-Afrikaanse politikus en natuurliefhebber
“Dit is vir my soveel van ʼn probleem dat ek geneig is om die woord ‘bewaring’ heeltemal te vermy.”
Daling in brandstofpryse wink
Goeie nuus vir verbruikers: Die prys van petrol, diesel en paraffien daal later vandeesweek.
Australiese ma jare ná kinders se dood kwytgeskeld
Kathleen Folbigg is destyds as Australië se “ergste vrouereeksmoordenaar” beskou, maar nuwe forensiese bewyse dui daarop dat haar kinders dalk tog aan natuurlike oorsaak dood is.
Kunste kry woning aan die voete van monument
“Dit is sekerlik die mees fenomenale gebou in Suid-Afrika om by uit te stal.”
Ramaphosa bekommerd oor munisipaliteite se geldsake
Ramaphosa het onder meer verwys na ʼn tekort aan geld, wanbesteding van geld wat wél beskikbaar is en selfs die onderbesteding van toelae wat gemik is op dienslewering en sê dit dra by tot velerlei probleme op plaaslikeregeringsvlak.
Comrades gee 25 deelnemers die trekpas
Rowyn James, wedloopdirekteur, het beklemtoon dat enige oneerlikheid nie geduld sal word nie.
Soete vaart vir sjokoladeboot
Die roeiboot is van 1 500 kg sjokolade gemaak.
Dr. Nandi se aansoek misluk
Loubser het wel saam met dr. Nandipha Magudumana gestem dat haar deportasie uit Tanzanië in April vanjaar eintlik as ʼn uitlewering verbloem is. Sy het haar egter in geen stadium teëgesit toe sy na Suid-Afrika geneem is nie.
Werk die masjien wat rybewyse druk nou, of nie?
Kallie Kriel, hoof van die burgerregtegroep AfriForum, het ʼn brief aan die minister van vervoer geskryf waarin hy terugvoer vra ná ʼn “kommerwekkende gebrek” aan antwoorde van die departement oor hoe die herstel van die masjien vorder.