Daling in brandstofpryse wink

Argieffoto. (Foto: Maroela Media)

Hoewel internasionale produksiepryse styg en die rand steeds swak teenoor die Amerikaanse dollar verhandel, kan Suid-Afrikaners met die aanvang van die wintermaande uitsien na laer brandstofpryse.

Die departement van minerale hulpbronne en energie het aangekondig dat die prys van petrol, diesel en paraffien Woensdag sal daal.

Die prys van albei grade petrol daal met 71c per liter.

Diesel met ʼn swaelinhoud van 0,05% word met 84c per liter goedkoper, terwyl die prys van diesel met ʼn swaelinhoud van 0,005% met 80c per liter daal.

Verbruikers sal van Woensdag ook 43c minder vir paraffien betaal, terwyl gas 75c/kg goedkoper word.

Die gesamentlike balansfonds op petrol en diesel was teen die einde van April in die groen. Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne en energie, sê hierdie heffing word dus nie in Junie in die prysstruktuur ingesluit nie.

Die koolstofheffing van 1c per liter vir petrol en diesel wat verlede maand ingestel is om heffingsbetalings vir April in te vorder, is geskrap. Die brandstofheffing word van Woensdag ook na R3,95 en R3,81 vir onderskeidelik petrol en diesel verminder.

Mantashe sê die dalings is te danke aan verskeie internasionale gebeure die afgelope tyd, veral in die VSA.

Die gemiddelde prys van brent ruolie het van $82,20 na $75,90 gedaal toe daar onder meer aangekondig is dat nog ʼn Amerikaanse bank sy deure moet sluit. Die sluiting van die First Republic Bank het onsekerheid gekweek oor die moontlikheid dat nog ʼn finansiële krisis die land kan tref.

Die aanvaarding van ʼn wetsontwerp wat die VSA se vermoë wys om finansiële verpligtinge na te kom het ook ʼn uitwerking op ruoliepryse gehad.

“Die onderhandelinge oor die wetsontwerp het die mark vir ʼn groot deel van Mei in ʼn wurggreep gehad en as gevolg hiervan ʼn impak op die prys van ruolie gehad.”

Die jongste brandstofpryse tree Woensdag in werking.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

JvR ·

Yipeee. Nou kas eskom meer diesel koop. As ek die strooi moet glo wat hulle kwytraak

Piet parys ·

Ek hoor op Rsg daar is n reuse daling . R 0.75 n reuse daling . Wie skryf en bluf die publiek met so n berig . Seker die staat . AS DIT R2 WAS KAN ONS DALK BETER VOEL MAAR NIE MET DAAI SENTE NIE . . …..Gelukkig is die 1 sent co 2 heffing nie in werking gestel nie …… Ai mens kry of gebruik nie meer sente nie . . RIP.

Boer ·

Met die Dollar wat bo R19 sweef, sal die brandstof in Julie met R5 styg.

Ronél ·

Dankbaar vir elke sent wat ek minder hoef te betaal, ek ry 1020km p/week vir werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.