“Ons lê vandag kranse nie net om te onthou of te huldig nie, maar om vandag se jong Afrikaners te inspireer om self bouers te word wie se bouwerk vir geslagte sal bly staan.”
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "FAK"
Kruger-beeld word massiewe 3D-afdruk
Die FAK het vandag sy planne bekendgestel om die Krugerbeeldegroep wat tans op Kerkplein in Pretoria staan, se toekoms te bewaar deur middel van massiewe 3D-skanderings en -afdrukke.
Geloftepoppe nou in VSA
“Die geskiedenis van Suid-Afrika het mense daar [in die VSA] aangegryp. Die mense trek dit aan as hulle eie. Die mense het baie simpatie en identifiseer daarmee.”
FAK vereer Johan Stemmet vir lewenswerk
“Soos ek altyd sê, dit gaan nie soseer oor die toekenning self nie. Dit gaan om daai erkenning te kry en om dít van iemand soos die FAK te kry, maak dit baie spesiaal.”
Bybel oorhandig as simbool van vriendskap, vrede
Volgens dr. Danie Langner van die FAK is die verskyning van ’n nuwe Afrikaanse Bybel nie net belangrik vir kerke nie, maar het in ’n tyd waar Afrikaans op soveel terreine uitgeskuif word ook groot kulturele betekenis.
FAK vereer Baby (93) vir taal en kultuur
“Ek het uitsonderlike respek vir my ouma, haar absolute positiwiteit deur al die dekades, ongeag wat die lewe oor haar pad gebring het. Ek wens elke mens kon net ’n dag saam met my ouma spandeer. Hulle sal dadelik besef watter besonderse mens sy is.”
FAK vereer vroue vir dienswerk
Die FAK het vandeesweek aan verskeie vroue erkenning gegee vir hul dienswerk om die Afrikaanse taal, kultuur en geskiedenis te bevorder.
Tolhuis pryk weer in Montagu-pas soos voorheen
“Dit is wat probleemoplossers en toekomsskeppers doen. Hulle wag nie. Hulle staan op en begin bou. Alles in geloof. Vandag is die Tolhuis selfs nog mooier gerestoureer as voor die brand.”
’n Geloftepop vir haar ma
Sy hoop dat die Geloftepoppe nie net haar ma en die ander tannies sal help nie, maar ook vir ander mense met geliefdes met Alzheimersiekte ’n idee gee om as terapie te probeer.
Erfenis van ’n familienaam
Wat het ’n familienaam en ’n ietermago in gemeen? Albei word bedreig.
Vryspraak: Ons lewende erfenis en die FAK se rol vandag
Dit is die moeite werd om ons erfenis te bewaar – nie deur dit te museumifiseer nie, maar deur dit te léwe. Daarom dat ons instellings soos die FAK nodig het, want alleen kan elkeen eenvoudig nie vermag wat ons saam kan regkry nie. Daarom dat die Vryheidstigting Donderdagaand met dr. Danie Langner gesels oor ons lewende erfenis en die FAK se rol vandag.
Geskiedenisfoendie kry FAK se eerste olimpiadeprys
“Die FAK wens nie net die wenners nie, maar elke deelnemer geluk met die hoë gehalte van die werk en standpunte wat goed deurdink is.”
’n Prinsespop elk vir vier besonderse meisies
Toe Schlebusch die Sara-pop aan die meisie in Krauseville gegee het, het sy hoorbaar na haar asem gesnak. Nog ’n keer toe sy hoor dat haar pop se naam “prinses” beteken. Sy kon nie wag om Sara vir haar boetie te wys nie en haar ma het gesê die spesiale pop kan nou saans by haar slaap.
Eerste ronde van eerste FAK Geskiedenisolimpiade beïndruk
Honderde leerders van oor die land het Dinsdag aanlyn aan die FAK se eerste Nasionale Afrikaanse Geskiedenisolimpiade deelgeneem.
Nuwe vrouemonument onthul
Die monument is opgerig om die Afrikanervroue te herdenk wat die konsentrasiekampe tydens die Anglo-Boereoorlog oorleef het.
Ontdek ons nou die ware krag van ’n gemeenskap?
“Mense moet besef die krag van ʼn gemeenskap is soveel groter as dié van die staat.”
Video: Hoe gemaak met Afrikanerstandbeelde?
Kruger se standbeeld het al in die verlede ook onder vandale deurgeloop en dit het nou die vraag laat ontstaan of daar nog ʼn plek vir veral Afrikaner-standbeelde in Suid-Afrika is. En indien wel, waar daardie plek is?
Foto’s: Voortrekkermonument kry ’n veelkleurige baadjie
Maroela Media het verlede week die geleentheid gehad om self te gaan loer hoe daar gerepeteer word vir die aanlyn konsert wat op Vrouedag (9 Augustus) uitgesaai sal word.
Spoegwolf, Corlea, Jannie Moolman aanlyn by Voortrekkermonument
“Die Spoegwolf-masjien het nodig om weer te loop. Ons kan nie wag nie. Ons gaan ʼn hele paar liedjies vir die eerste keer ooit speel.”
Geloftelappoppe: Elkeen wil ’n stukkie onthou hê
Nie eens die Covid-19-pandemie en gevolglike landwye afsondering kon oumas in die Pretoriase middestad keer om spesiale Geloftelappoppe te maak nie.