Die FAK het vandag sy planne bekendgestel om die Krugerbeeldegroep wat tans op Kerkplein in Pretoria staan, se toekoms te bewaar deur middel van massiewe 3D-skanderings en -afdrukke.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Paul Kruger"
Kom tuis by Paul Kruger
Wanneer ons voertuig die oorspronklike houthekke wat na die Kruger-wonings lei, nader, stel ek my voor hoe dit in die 1800’s moes gelyk het. Die wind wat ook so saggies en gerusstellend deur die blare fluister – welkom tuis, boer, staatsman, Afrikaner.
Video: Hoe gemaak met Afrikanerstandbeelde?
Kruger se standbeeld het al in die verlede ook onder vandale deurgeloop en dit het nou die vraag laat ontstaan of daar nog ʼn plek vir veral Afrikaner-standbeelde in Suid-Afrika is. En indien wel, waar daardie plek is?
Kruger-standbeeld loop weer deur
Die standbeeld van Paul Kruger en die vier brandwagte op Kerkplein in Pretoria se middestad is met rooi spuitverf getakel.
Die helde van ons toekoms
Die Orania-embleem is ’n klein seuntjie wat sy moue oprol. Hy is nog jonk, maar hy is klipsterk, doelgerig, vasbeslote en hoopvol. Ons noem hom die Klein Reus. Hy is die toonbeeld van ons mense. Hierdie mense, hoor my lied, is die toekomstige helde van ons Afrikanervolk.
Steve Hofmeyr en Afrikaanse borge se boikotte
Die boikotte teen AIG oor Steve Hofmeyer is skynheilig en dui veel eerder op dubbele standaarde en ’n aanval op Afrikaans en Afrikaners as op ’n sanger se rassisme, skryf Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging.
Foto’s: Paul Kruger se nuwe grafbeeld ‘iets groots’
“Ons het Jacques se werk gaan naspoor, want dit is ʼn kosbare graf. Dis ʼn kosbare deel van ons erfenis. Ons het besef Jacques het die talent, die opleiding en die agtergrond om dit te doen.”
Die 10de Oktober is Krugerdag
As ‘n mens Paul Kruger se lewe beoordeel en sy opleiding en die konteks waarin hy geleef het, sien teenoor die uiteindelike roem wat hy internasionaal verwerf het, kan mens net bewondering vir hom hê, skryf Willie Spies.
Waar kom ons vandaan en waar gaan ons heen?
Die skeppende vermoë van ons mense behoort nou ingespan te word om, ongeag dit wat die ANC op die land en sy mense wil afdwing, ons vir ons eie strukture te vestig en te presteer soos ons geskiedenis vir ons wys ons kan!
Paul Kruger as leier – wat ons vandag nog by Kruger kan leer
“In Paul Kruger, meen ons, erken ons ’n oorblyfsel van daardie ou helde wat tegelyk misties en prakties was, voorbestem tot wonderwerke van wilskrag en geduld.”
Kenner sê oor skade aan Paul Kruger-standbeeld
ʼn Strukturele spesialis het Donderdagoggend die standbeeld van Paul Kruger in Pretoria besoek om die skade daaraan te bepaal nadat betogers dit Woensdag met ʼn petrolbom gegooi het.
‘Skuif Paul Kruger-standbeeld’ geëis ná petrolbomaanval
“Ongelukkig is die standbeeld van Paul Kruger baie kwesbaar waar dit nou staan en word daar tans met ons erfenis gedobbel deur dit daar te laat.”
Kruger-herrie: ‘Lank voor apartheid was hy geliefd onder swart én wit’
ʼn Herrie het losgebars nadat ʼn foto van Anchen Dreyer, DA-LP, wat langs ʼn kartonfiguur van Paul Kruger staan, wyd op sosiale media versprei is. Die ANC se reaksie hierop het wyd kritiek ontlok. Die algemeenste argument was dat Kruger allermins ʼn dissipel van apartheid was; inteendeel, Kruger was president lank voor die apartheidsbedeling en was geliefd onder swart én wit.
Paul Kruger-standbeeld weer geskend
Die burgerregte-organisasie, AfriForum, het Dinsdag optrede geëis nadat die standbeeld van Paul Kruger op Kerklplein in Pretoria weer met verf geskend is.
Paul Kruger-standbeeld moet binne 7 dae weg wees, sê EFF
Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het Saterdag geëis dat die stad Tshwane die Paul Kruger-standbeeld op Kerkplein in Pretoria binne sewe dae moet verwyder.
‘Hulle kan nie die monumente uit ons harte verwyder nie’ – sê Steve
“Oom Cecil, Tante Vic, Oom Jan en Oom Paul, my liefde vir my erfenis is so sterk dat selfs die vandalisme en verwydering van jul monumente boggerôl kan doen aan die monumente wat julle klaar in my hart het. Dit kan nie uit die hart verwyder of geskend word nie. Dit is hoekom hulle dit haat as ons Die Stem sing, want hulle kan dit ook nie skend of verwyder nie.”
Bekendes ruk op vir standbeelde
Duisende mense, onder wie die sangers en aktiviste Sunette Bridges en Steve Hofmeyr, gaan na verwagting Woensdag in Pretoria en Kaapstad bymekaarkom in protes teen die vernietiging van Afrikaners se erfenisskatte.
Nuuskommentaar: Die beeldenstorm
Solank daar ’n leieraangedrewe persepsie van wins in rasmartelaarskap gesien word, só lank gaan die land in ’n suigkolk van rasbeheptheid en rassisme vasgevang word, skryf Herman Toerien.
Standbeelde: ‘Emosie en potensiële konflik moet nie onderskat word’
Die emosie en potensiële konflik wat die beskadiging van standbeelde, soos dié van Paul Kruger, aan alle kante van die Suid-Afrikaanse samelewing wakker maak, moenie onderskat word nie, het Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus, gesê.
Paul Kruger-standbeeld loop onder vandale deur; veiligheid opgeskerp
Die standbeeld van Paul Kruger op Kerkplein in die Pretoriase middestad is Sondagaand met groen verf gevandaliseer.