Die Springbokke het vir Frankryk met een punt op die Stade de France geklop om vir die halfeindstryd van die Wêreldbeker-rugbytoernooi te kwalifiseer.
Lees meerAlles vir Sondag 15 Oktober 2023
Vrouekrieket: Proteas skitter teen Kiwi’s
Suid-Afrika se vrouekrieketspan het Sondag in Benoni een van die merkwaardigste terugvegpogings in T20-krieket gelewer toe die Proteas die vyfde T20-wedstryd op Willowmoorepark op dramatiese wyse met 11 lopies gewen het.
Afghanistan se draaiers betower Engelsmanne
Rashid Khan en sy draaierbondgenote het uiteindelik agt Engelse kolwers terug na die kleedkamer gestuur om ʼn geskiedkundige Wêreldbeker-oorwinning in Delhi te vier.
Die week in foto’s
Kyk saam na van die week se wêreldwye nuusgebeure in foto’s.
Sensus: Klein jakkalsies knou geloofwaardigheid
ʼn Reuse-ondertelling in verlede jaar se sensus laat kenners twyfel oor die geloofwaardigheid van syfers waarop belangrike besluite nou gegrond word.
Gʼn sprokieseinde vir Ierland se ‘beste ooit’
In sy finale Wêreldbeker-toernooi het die 38-jarige Johnny Sexton 58 punte aangeteken, drie drieë gedruk en die toutjies vir Ierland getrek – hy was steeds ʼn baie gevaarlike teenstander.
Twee tieners gesoek vir moord van motoris
Die twee tieners het na bewering eers die bestuurder doodgeskiet en daarna die passasier verkrag.
Twee nog soek wat uit Kaapstad-hof ontsnap
Voorlopige ondersoek dui daarop dat die verhoorafwagtendes ʼn polisiebeampte oorval en hom ontwapen het.
Kolbe, Arendse slaggereed om Haan-vleuels te oorskadu
“Ek het goeie herinneringe van die Stade de France, maar dit is alles in die verlede. Nou het ek ʼn geleentheid om nuwe herinneringe te skep; dinge wat my ʼn leeftyd sal bybly.”
Angs het studente in wurggreep
Kenners sê die nagevolge van die Covid-19-pandemie is steeds te sien in hoë angsvlakke onder studente wêreldwyd.
Moenie dat kieme die oorhand kry
Hoe gereeld was jy jou hande, en gebruik jy elke keer seep? En maak jy seker jy was deeglik tussen jou vingers en onder jou naels? Wêreldhandewasdag laat die kollig op dié vrae en ander kwessies val.
Kerkplein: Planne om hart van Pretoria te herstel
Dié hernuwingsprojek wil poog om Kerkplein se agteruitgang te stuit en die historiese waarde daarvan te bewaar.
Kaapstad-marathon bly ’n hoogtepunt
Adane Gebre is die wenner van die Kaapstad-marathon nadat hy in die pylvak net te sterk vir Suid-Afrika se Stephen Mokoka was.
Luister: Oud-Aardklop-hoof oorgehaal om van Afrikaans 100 ʼn sukses te maak
“Dit sal vir my wonderlik wees as ons kan terugkyk en sê dat ons die totale Afrikaanse taalgemeenskap betrokke gekry het.”
Ramaphosa staan saam met Palestina
Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het ook ʼn beroep op die boikot van goedere uit Israel gedoen.
Boek-uittreksel: Wonderkind wat soos ʼn engel sing
“Daar was ʼn 80% kans dat sy serebraalgestremd sou wees, 60% kans op blindheid en 100% vir leergestremdheid.”
Video: Heimwee, humor heers op ‘Vetkoekpaleis II’-stel
“Dit is asof ons 25 jaar terug in tyd gegaan het, want alles lyk en voel nou weer dieselfde.”
Swaar reën, donderweer in noorde van die land
“Motoriste moet versigtig op die pad wees weens die stormweer wat hul sig kan belemmer.”
MotoGP: Binder twee keer gestraf, eindig steeds sesde
Suid-Afrika se Brad Binder (Red Bull KTM) het met groot opgewondenheid na die naweek uitgesien, maar dit het nie heeltemal verloop soos hy gehoop het nie.
‘Net son- en kernkrag kan Eskom nou red’
Oud-Eskomhoof André de Ruyter voer aan Suid-Afrika se kragsentrales het net sowat ʼn dekade van bruikbaarheid oor.