Twee nog soek wat uit Kaapstad-hof ontsnap

Khumzi Ningo (Foto: SAPD)

Twee van ses verhoorafwagtendes wat Woensdag uit die aanhoudingselle van die Athlone-landdroshof in Kaapstad ontsnap het, word nog gesoek. Die polisie het daarin geslaag om reeds vier te vang, met die onlangse een wat Vrydagaand vasgetrek is.

Volgens lt.kol. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, het die polisie se provinsiale eenheid vir ernstige en geweldsmisdade se opsporingspan die ontsnapte omstreeks 21:15 in Gugulethu aangekeer. Hy is geïdentifiseer as Khumzi Ningo.

Hy sal na verwagting Maandag in die Athlone-landdroshof verskyn.

“Nog twee verdagtes is op vrye voet en ʼn grootskaalse soektog is aan die gang,” bevestig Pojie.

Soos vroeër berig, het die ses Woensdag omstreeks 13:45 ontsnap terwyl hulle gewag het om terug na die gevangenis vervoer te word nadat hulle vroeër die dag in die hof verskyn het.

Voorlopige ondersoek dui daarop dat die verhoorafwagtendes ʼn polisiebeampte oorval en hom ontwapen het. Verskeie skote is in die rigting van die polisiebeamptes afgevuur, maar niemand is getref nie.

Die ses, tussen 20 en 33 jaar oud, het daarna te voet gevlug.

“ʼn Beroep word op die gemeenskap gedoen om hulle daarvan te weerhou om die beskuldigdes te nader of te konfronteer aangesien hulle as gewapen en gevaarlik beskou word. Hulle staan tereg op ernstige aanklagte soos moord, poging tot moord, aanranding, roof met verswarende omstandighede, asook die besit van gesteelde eiendom.”

Sake van ontsnapping uit wettige aanhouding, poging tot moord en roof van ʼn vuurwapen is by die Athlone-polisiestasie aanhangig gemaak en word deur provinsiale speurders ondersoek.

Lede van die publiek word versoek om hul naaste polisiestasie, Stop Misdaad by 08600 10111 of kapt. Jacques Cussel by 079 894 1637 te kontak indien hulle enige inligting het oor waar die ontsnaptes hulle moontlik bevind.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

AH ·

Hoekom ontsnap gevang is deesdae so maklik? Leer die Polisie dan nie om heeltyd paraat te wees wanneer dit kom by die vervoer en aanhou van misdadigers vir hofverskynings nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.