Ses verhoorafwagtendes ontsnap uit Kaapstad-hof

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto)

ʼn Soektog is begin na ses verhoorafwagtendes wat Woensdag uit die aanhoudingselle van die Athlone-landdroshof in Kaapstad ontsnap het.

Die ses het omstreeks 13:45 ontsnap terwyl hulle gewag het om terug na die gevangenis vervoer te word nadat hulle vroeër die dag in die hof verskyn het.

Volgens lt.kol. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, dui voorlopige ondersoek daarop dat die verhoorafwagtendes ʼn polisiebeampte oorval en hom ontwapen het. Verskeie skote is in die rigting van die polisiebeamptes afgevuur, maar niemand is getref nie. Die ses, tussen 20 en 33 jaar oud, het daarna te voet gevlug.

Die polisie kon daarin slaag om een van die verhoorafwagtendes weer in hegtenis te neem en die soektog duur voort na die ander vyf.

“’n Beroep word op die gemeenskap gedoen om hulle daarvan te weerhou om die beskuldigdes te nader of te konfronteer aangesien hulle as gewapen en gevaarlik beskou word. Hulle staan tereg op ernstige aanklagte soos moord, poging tot moord, aanranding, roof met verswarende omstandighede asook die besit van gesteelde eiendom.”

Sake van ontsnapping uit wettige aanhouding, poging tot moord en roof van ’n vuurwapen is by die Athlone-polisiestasie aanhangig gemaak en word deur provinsiale speurders ondersoek.

Lede van die publiek is versoek om hul naaste polisiestasie, Stop Misdaad by 08600 10111 of kapt. Jacques Cussel by 079 894 1637 te kontak indien hulle enige inligting het oor waar die ontsnaptes hul moontlik bevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

George ·

Wat n patetiese polisie mag !!!!! kan net in n kriminele staat soos SA gebeur …kriminele deesdae in SA glimlag van oor tot oor want hulle weet SA se polisie mag…die regstelsel en howe…die Korrektiewe Dienste en vele ander departemente is gekaap en dans na die pype van die kriminele…wat n skande en vernedering vir n land …dis om van naar te word

Anna-Marie ·

Hoe is dit moontlik dag aangehoude misdadigers net so kan ontsnap? Mens hoor byna daagliks van sulke gevalle regoor die land. Kon die polisie en korrektiewe diens nog nie ‘n plan maak om beter metodes te gebruik om die misdadigers agter tralies te hou. Boei hulle hande en voete met ‘n ketting. Gebruik meer polisiemanne, veral as daar meer as 2 gevangenis is. Hulle hou ‘n gevaar in vir die samelewing terwyl hul op vrye voet is… dit is verregaande dat ons ouer mense ook so geteiken word en dat ons blyplekke soos tronke lyk met al die veiligheids tralies en hekke… Waar gaan als nog einde?

Di ·

Hierdie tipe ontsnappings gebeur nou gereeld! Hoop hulle kry die ander vyf kriminele

Kobus ·

Eeen polisieman vir ses skurke? O ja, die ander 20 is besig om Cele te beskerm. Hoe paraat is SAPD lede?

voor ek vergeet ... ·

Hoe help hierdie verklaring die publiek? Het of kon die polisie geen name en foto’s van die ontsnapte gevangenes uitgereik vir moontlike identifisering deur die publiek nie? Sonder die inligting is wetsgehoorsame burgers se lewens in gevaar en skep dit ʼn gevaarlike presedent.

Estelle ·

Ek stem 100% met jou saam – vir wie moet ons uitkyk?! Belaglik verby…

Juanita ·

‘n Beroep word op die gemeenskap gedoen om hulle nie te nader nie. Hoe moet die gemeenskap weet hoe hulle lyk of wie hulle is. Hoekom was daar net een polisie beampte met sulke gevaarlike kriminele?

Philip ·

SA polisiemag, die meeste van hulle kan nie ‘n dooie tor oppas nie.

Karen ·

Hoe lyk hulle, mens kan nie die polisie in kennis stel op ñ raaiskoot nie.

Delia ·

Daar is dalk fotos beskikbaar. MM plaas dit dalk nie. Hulle is verhoorafwagtend. Nog nie skuldig bevind. Mag hulle fotos geplaas word….POPI Act. Net n vraag

Papsak ·

Goeie polisiemag kriminele kom onder hulle neuse uit en ontsnap swak van hulle

MJLS ·

Hoe moet die publiek weet hoe lyk die boewe as daar nie eens foto’s van hulle in die media beskikbaar gestel is nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.