WAT-woord van die week: latjiebeen

Argieffoto. (Foto: Tumisu/Pixabay)

Woord:
latjiebeen (met “latjieboud” as sinoniem)

Betekenis:
“Latjiebeen” kom volgens die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) in geselstaal voor, veral ten opsigte van ʼn man wat verlief of vryerig is. Dit beteken ook om spoggerig te wees.

Die woord vorm ook deel van die idiomatiese uitdrukkings “jou latjiebeen hou”, dikwels ten opsigte van ʼn ouer man wat by ʼn nooi aanlê of vryerig is, en “latjiebeen agter iemand wees”, wat verwys na ʼn man wat verlief is. Laasgenoemde uitdrukking is ook opgeteken in Nieuwoudtville, Tulbagh en Bredasdorp.

Bron: Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.