Kyk saam na dié week se nuusgebeure in foto’s.
Lees meerAlles vir Sondag 5 Mei 2024
Zuma eers ná verkiesing voor ANC-tugkomitee
Die voormalige ANC-leier en oudpresident moet Dinsdag voor die dissiplinêre komitee verskyn. Dié verhoor is onbepaald uitgestel.
Luister: Skeppende Portchie se kuns so kleurryk soos SA
Portchie, ʼn wêreldbekende en uiters suksesvolle Suid-Afrikaanse kunstenaar, het in sy loopbaan reeds byna 19 000 oorspronklike kunswerke geskep.
WAT-woord van die week: latjiebeen
Die WAT se woord van die week is “latjiebeen”.
Bejaarde egpaar se liggame op Vrystaat-plaas gekry
Albei slagoffers het oop wonde aan die bolyf gehad en is op die toneel dood verklaar.
Lui, lui … miljoene oproepe na 10111-sentrums onbeantwoord
In 2022-’23 is altesame 2,34 miljoen oproepe na 10111-sentrums onbeantwoord afgesluit. Dit is sowat 61,59% van al die oproepe na die sentrums in die spesifieke boekjaar.
Plum meen Sharks slaag karaktertoets
“Ons het doodeenvoudig geweier om handdoek in te gooi. Dit is die pad wat ek saam met hierdie span wil stap. Ons mag dalk ʼn wedstryd verloor, maar dit is nooit oukei om net op te gee nie.”
Mbeki: Samewerking, ook met Afrikaner, nou nodig
Oudpres. Thabo Mbeki het die afgelope week verskeie omstrede stellings rakende oudpres. Jacob Zuma, die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en Eskom gemaak.
Ses dood toe taxi deur huis ploeg
Die taxibestuurder, vier passasiers – onder wie ʼn munisipale werker – en ʼn tienerseun wat getref is terwyl hy op ʼn sypaadjie gestap het, is in die voorval dood.
Klimaatsverandering, leë beloftes: Tsjad se katoenboere steier
Bewyse van klimaatsverandering – ongereelde reënval wat soms droogtes en soms sporadiese vloede veroorsaak – lei tot groot dalings in produksie. En dan is daar die nomadiese veeboere en die voortslepende konflik in die streek.
Party verontskuldig homself, sê Barker ná bedanking
Anco Barker, wat vroeër as lid van die VF Plus bedank het, reageer op die party se kommentaar oor dié besluit.
Max kry wéér sy neus voor
Max Verstappen se blitsige Red Bull sal vir ʼn sewende keer op ʼn streep heel voor op die wegspringrooster staan.
Staatshospitale ‘nie so vrot’ – Nicholas Crisp
Die adjunk-direkteur-generaal van die NGV staan onwrikbaar in die oortuiging dat dié stelsel gehaltegesondheidsorg vir álle Suid-Afrikaners sal bied. Maroela Media het prof. Nicholas Crisp ʼn paar moeilike vrae gevra.
Is dit vanjaar skeepsreg vir Proteas?
Daar rus ʼn amperse vloek op die span wanneer dit by belangrike toernooie kom.
‘Lekker Weskus’ se Dawid leef kosdroom langs see uit
Vandag bestaan “Lekker Weskus” nie net uit video’s nie, maar ook produkte en gaan binnekort selfs ʼn kookboek en restaurant insluit. Dít alles danksy ʼn eenvoudige snoekbraai.
SA teen Engelse by opening van T20-Wêreldbeker vir vroue
Die toernooi duur van 3 tot 20 Oktober in Bangladesj, met wedstryde wat in die hoofstad Dhaka en die noordoostelike stad Sylhet beslis word. Oefenwedstryde begin reeds op 27 September.
Vermeende kardiewe vas ná teëspoed op pad
Kort daarna het nog iemand egter daar aangekom en die beamptes ingelig dat hy die eienaar van die voertuig is en dat dit die vorige aand by sy huis gesteel is.
Kleiner kiesersopkoms dalk tot ANC se voordeel – peiling
Dié partye wat ondersteuners kan inspireer om hul kruisies te gaan trek, kan dalk ʼn voordeel hê bo diegene wat daarin misluk om hul ondersteuners te mobiliseer.
Koepka spog weer met LIV-titel
Die Amerikaner Brooks Koepka het Sondagoggend by die Sentosa-buiteklub in Singapoer sy LIV-gholftitel met welslae verdedig.
Krulkop-skoonheid Anke oor ‘Die Kaplyn’, Mej. SA-reis
Mej. SA se Anke Rothmann gesels met Maroela Media oor haar rol in Die Kaplyn, haar onlangse verlowing en die besluit om aan Mej. Suid-Afrika deel te neem.