Inwoners het die verdagte in die jong meisie se moord glo agternagesit tot waar hy geskuil het en hom daar doodgemaak.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "moorde"
Stapelberg bly agter tralies
Nadine en Ruandré Terblanche is in November verlede jaar in hul huis in Randhart, Alberton, vermoor. Nadine se lewensmaat, Freddie Stapelberg, is kort daarna in verband met die dubbelmoord aangekeer.
Ses vas oor AKA-moord, nog een gesoek
Vier van die verdagtes word ook met ander moordsake verbind. Twee van die ses is in Eswatini (voorheen Swaziland) aangekeer en moet nog na Suid-Afrika gebring word. Daar word steeds na ʼn sewende betrokkene gesoek.
‘Ons sal jul nooit ophou jag’; Leap-beampte se ‘moordenaars’ vas
“Ek het Magwa se familie en sy kollegas beloof dat ons alles moontlik sal doen om sy moordenaars aan die pen te laat ry. ʼn Aanval op een is ʼn aanval op almal.”
30 jaar agter tralies vir polisiemoordenaar
Adv. Luzaan Williams, namens die staat, het aan die hof gesê die voorkoms van aanvalle op wetstoepassingsbeamptes is verregaande en dat dit geweldig algemeen in die Wes-Kaap – en die res van die land – geword het.
Bestuurslid van Rand Water sterf; Jhb-hoofsweep in skietery gewond
Amptenare, raadslede en skoolkinders het Maandagoggend in die suide van Johannesburg byeengekom vir ’n geleentheid waartydens skoolklere en skoene aan leerders van sewe skole uitgedeel is. Toe storm ’n groep verdagtes die lokaal binne en vuur skote af.
Skoolhoof ook vas ná moord op onderwysamptenaar
Sy 28-jarige dogter is vroeër al in verband met sy moord in hegtenis geneem.
Mia Botha: 480 dae later en ondersoek staan botstil
“Nog ʼn jaar is verby, en daar is steeds geen positiewe terugvoer of beweging van die polisie oor die ondersoek nie. Hulle het ons in die steek gelaat,” sê klein Mia Botha se ma.
Vyf van polisie wat glo moor, naweek steeds agter tralies
Die stasiebevelvoerder het op die man se liggaam by die polisiekantoor afgekom en ʼn ambulans ontbied. Hy is egter op die perseel dood verklaar.
Wernich Botha weer in hof oor Klerksdorp-pa se moord
Botha was Maandag omring deur familie en vriende wat hom tydens die hofsitting ondersteun het.
Rondebult-gesinstragedie: Beskuldigde bly agter tralies
Tydens sy vlugtige verskyning het Eugene Botha senuweeagtig rondgekyk terwyl hy ʼn keps styf in sy hande vasgeklem het.
Laatnag-skietery by Ugie eis vier
Daar is glo met gewere en handwapens op die vier mans in die voertuig losgebrand. Die motief is egter onbekend.
Veel meer mans as vroue in SA vermoor
Vir diegene tussen 15 en 44 jaar is die koers van moord onder mans meer as agt keer dié van vroue. Die Wes-Kaap het die grootste gaping tussen mans en vroue as slagoffers: vir elke vrou wat vermoor word, word 11,4 mans vermoor.
Vermeende Kosmos-skieter Woensdag weer in hof
Prinsloo word daarvan beskuldig dat hy sy vrou en stiefdogter by die gesin se huis doodgeskiet het.
Swaar straf vir Phoenix-pa wat huis met familie brand
Hy het as grassnyer gewerk en het sy eie grassnyer in die huis gehad. Hy het brandstof uit die masjien getap, dit op die vloer uitgegooi, aan die brand gesteek en gevlug.
Geen borgtog vir man ná Pta-vrou se branddood
“Die hof sukkel om sy [Pretorius se] weergawe te glo. Dit was nie sommer enige vreemdeling wat aan die brand was nie, maar sy vrou,” het landdros Tshepo Mokome tydens uitspraak in Stephan Pretorius se aansoek om borgtog gesê.
Voortvlugtige 34 jaar ná moord gevonnis
Volgens die destydse verslag van die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) is Nxumalo in 1989 vermoor deur lede van die Chesterville A-Team tydens die politieke konflik tussen die UDF en ondersteuners van Inkatha.
Weinig vordering byna vyf jaar ná Lutzville-boer se moord
Jaco Louw se liggaam is destyds buite sy plaashuis aangetref. Jare later is die polisie steeds op soek na leidrade in die saak.
Boendoegeregtigheid dalk rede vir sewe se skietdood in KwaMashu
Die mans het almal in ʼn ry langs ʼn pilaar van die treinbrug gelê. Al sewe is in die kop geskiet.
Medelye ná sakeman se skietdood langs pad
Adriano dos Santos (35) is Vrydagoggend vroeg drie keer geskiet en vir dood agtergelaat.