“Agt drankwinkels is gesluit omdat hulle sonder ʼn lisensie bedryf is en die eienaars is die toepaslike boetes opgelê.”
Lees meerAlles vir Maandag 11 Desember 2023
2024 Golden Globe-benoemings: ‘Barbenheimer’ bo!
“Oppenheimer” word benoem vir rolprent- en loketprestasie, ʼn nuwe kategorie wat vir die 2024-prysaand bekendgestel is en daarop gemik is om meer erkenning aan rolprente te gee wat gewild is by die publiek.
Kontantbetalings van Sassa-toelae binnekort by Poskantoor gestaak
Die uitfaseringsproses sal in Januarie 2024 geïmplementeer word.
‘Zulu voel veer vir sukkelende SA’ners, honger kinders’
Masango sê dit is nou duideliker as ooit dat Zulu die departement van maatskaplike ontwikkeling – bedoel om die armstes en kwesbaarste in ons samelewing te dien – as niks meer as haar persoonlike spaarvarkie sien nie.
Switserse polisie soek ‘gevaarlike’ skieter ná twee sterf
ʼn Massiewe polisie-operasie was teen Maandagmiddag steeds onderweg om die man op te spoor.
Drie kinders uit Klerksdorpse huis gered
Tussen hope vuil wasgoed en verrotte kos het vrywilligers gedink dit is poppe wat op die bank lê, tussen nog vuil wasgoed. Dit was egter nie poppe nie, maar twee sussies, onderskeidelik nege maande en drie jaar oud, asook hul tweejarige boetie.
Motsoaledi in Steve Biko opgeneem
Aaron Motsoaledi, die minister van binnelandse sake, is Maandag in die Steve Biko-hospitaal in Pretoria opgeneem.
ToekomsVenster: Goud, wierook en mirre
Die drie geskenke wat die wyse manne uit die ooste na Jesus gebring het, is bekend. Goud dui op die Koninklike, wierook op die Goddelike en mirre op die lydensweg wat Jesus sou moes verduur.
Gold One: Werkers keer terug na oppervlak
Verligte familielede het Maandag die aangehoude mynwerkers van die Gold One-myn in Springs ingewag en gejuig toe hulle die mynskag begin verlaat het.
Mafe ongeskik om verhoor te word
Zandile Mafe, die man wat daarvan beskuldig word dat hy verlede jaar se verwoestende brand by die parlementêre kompleks in Kaapstad gestig het, is nie geskik om verhoor te word nie.
‘Verbeterde kapasiteit’ laat SA op fase 3
Altesaam 12 889 MW is egter steeds weens onklaarrakings onbeskikbaar.
Tapputi se Egiptiese parfuum-olies is sag, gesofistikeerd, luuks én bekostigbaar
Die feestyd is om die draai en almal is op soek na daardie perfekte Kersgeskenk. Iets wat mooi, uniek, spesiaal en merkwaardig gaan wees vir jou ma, sussie, ouma, vriendin of daardie spesiale persoon in jou lewe.
Foto’s: Ramey, Loricia wys hulle ‘stroopsoet’ baba
Dit voel egter nie asof hulle lewens handomkeer verander het nie, verklap die Shorts.
Skukuza Safari-lodge tydelik gesluit
Dié stap is deel van SANParke se kommersialiseringstrategie, wat daarop gemik is om kampe op te knap en toeriste se ervaring van parke as natuurbestemmings te bevorder.
Vasberade, verlief: hospitaaltroue vir paartjie ná ongeluk
ʼn Motorongeluk verlede Saterdag, slegs agt dae voor die groot dag, het beteken Maboi moes in die hospitaal opgeneem word en dit het gedreig om hul langverwagte troudag te kelder.
Stryd van die weeldewaens
BMW se 7-reeks en Mercedes-Benz se S-reeks is uiters spesiaal in hul eie reg. Maar kom ons kyk hoe vergelyk hulle.
Bêre jou bonus, Bublé kom SA toe
Dit sal Bublé se derde konserttoer na Suid-Afrika wees.
Betogers vas wat uitstalling in NS-museum beskadig
Die betogers sê die Maori-weergawe van die Verdrag van Waitangi – wat in die nasionale museum uitgestal is – is misleidend.
Louis koning van Leopard Creek
Die Suid-Afrikaner het Charl Schwartzel, sy LIV-spanmaat, Maandag – nadat reën spel die vorige middag vroeg tot ʼn einde gebring het – in ʼn droom-tweestryd met twee houe op die eksklusiewe Leopard Creek-gholflandgoed uitgestof.
Geen koper vir Asterix-voorblad nie
Die kunswerk, van 32 cm by 17 cm groot, sou na verwagting tussen €400 000 tot €500 000 (sowat R8,2 miljoen tot R10 miljoen) gehaal het.