Motsoaledi in Steve Biko opgeneem

Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid (Foto: ANA)

Dr. Aaron Motsoaledi, die minister van binnelandse sake, is Maandag in die Steve Biko-hospitaal opgeneem.

Thabo Mokgola, Motsoaledi se woordvoerder, sê die minister is vroeër vandag in die Pretoriase akademiese staatshospitaal opgeneem vir ’n mediese prosedure.

Dit is nie duidelik watter prosedure Motsoaledi moet ondergaan óf hoe lank hy sal moet herstel nie.

“Die minister kan vir ʼn wyle dalk nie beskikbaar wees nie,” het Mokgola wel gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Retha ·

Ek glo hierdie gladnie. Die ANC kronies sal nie dood gesien wil word in een van hulle staatshospitale nie. Seker n bemarkingsfoefie vir die nasionale gesondheidsplan.

Vonkprop ·

O my jinne, hoe gaan die land sonder hom kan funksioneer en dit vir ‘n paar dae!!!

Johann ·

Staan stil SA…’n kader is uit aksie! Ons gaan dit nie maak nie…..ja shure. More is hy oppad Rusland toe vir ‘n geheime prosedure.

Hendrik ·

Kyk deur dit, dis propaganda. Hy sal nooit daar opgeneem word vir iets ernstig nie. Dis om die NVG te adverteer.

Seef ·

Natuurlik Die Kriek. Foefie om te wys hulle het vertroue in staat se medies.

Seef ·

Seker ‘n baie onbenullige proseduretjie soos sy toonnsels laat knip

Michael ·

Ek hoop nie hy moet ‘n operasie ondergaan nie want dan kan hulle solank reël vir die begrafnis en ‘n nuwe minister aanstel.

OU SAAR ·

My jitte, gaan politisie ook staatshospitale toe…?
Hoop hulle kry dieselfde diens en behandeling as ons gewone ou landsburgertjies… ????

Martie ·

Hy gaan nie die gewone behandeling kry nie, privaat kamer, kos van buite. Maar wat van die ander dinge wat verkeerd is in staatshospitaal? Eerstehandse kennis van NGV.

Dana ·

Seker in VIP suite, as daar so iets is. Sal natuurlik daarna die lof van die hospitaal besing.

annie ·

Kan ons minister nie ‘n private hospitaal bekostig nie of spaar hy vir ‘n nuwe Merc?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.