“Daar is ʼn magdom mense wat alkoholafhanklikheid oorkom het en ʼn lewe van soberheid lei.”
Alles vir Maandag 11 Desember 2023
Luister: Taalkenner Suléne Pilon ewe gesellig in loslit Afrikaans
“Leer jou kinders om Afrikaans te praat, want solank as wat daar kinders is wie se moedertaal Afrikaans is, gaan daar niks met Afrikaans gebeur nie.”
Louis of Charl: Wie gaan bes gee?
Hulle het Sondagmiddag skuins ná vieruur, toe spel hervat is, drie verdere putjies voltooi voordat die sirene weer geloei het en daar besluit is om die dag se spel op te skort. Spel word Maandag om 09:00 hervat.
Gauteng-onderwys: Eksamenkullery aangemeld; só vorder plasings
Altesaam 51 Gautengse matrikulante word by kullery betrek in verband met die afgelope eindeksamen.
Vakansieplanne: Pak daai tassie vir medisyne
Ons weet almal mediese noodgevalle en irritasies gebeur gewoonlik in die nag of ver weg van ʼn dokter af en ons wil voorbereid wees. So hier volg ʼn voorgestelde medikasie-lysie vir die vakansie:
Perlemoenstropers hul buit kwyt
Vermeende perlemoenstropers kon daarin slaag om weg te kom, maar is hul toerusting en buit kwyt nadat die Valke, polisie en lede van ʼn veiligheidsmaatskappy toegeslaan het.
Verbruikersake: Kry die meeste voordeel uit jou bonus
Voordat jy begin om jou bonus te bestee, is dit dalk goed om ʼn bietjie terug te staan en mooi te dink oor hoe jy jou bonus verantwoordelik kan gebruik. Ina Opperman gee raad oor hoe om dit te doen.
Taxibaas in Kaap gesoek, in Pretoria vasgetrek
ʼn Berugte taxibaas wat in die Wes-Kaap gesoek is op verskeie ernstige aanklagte is Sondag in die ooste van Pretoria vasgetrek.
Cele ook by OB verkla oor reis na WB-toernooi
“Ons sal nie toelaat dat ministers staatsfondse tot hul eie voordeel en plesier misbruik nie, veral as in ag geneem word dat die SAPD reeds so onderbefonds is.”
Gedagte vir die dag: Is jy moeg?
Dit is die tyd van die jaar wat ons almal moeg is.