Taxibaas in Kaap gesoek, in Pretoria vasgetrek

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

ʼn Berugte taxibaas wat in die Wes-Kaap gesoek is op verskeie ernstige aanklagte is Sondag in die ooste van Pretoria vasgetrek.

Die verdagte, wat onder meer gesoek is vir misdade wat moord en poging tot moord insluit, is in die Silver Lakes-omgewing vasgetrek waar hy na bewering weggekruip het om inhegtenisneming te vermy.

Volgens kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, het die inhegtenisneming gevolg ná ʼn ondersoek en operasie deur verskeie taakspanne van die polisie. Hy het gesê die hoëprofiel-taxibaas is onder meer gesoek in verband met ʼn saak van moord en twee sake van poging tot moord in Nyanga. Ander aanklagte teen hom sluit in afpersing, bedrog, intimidasie en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen.

Die polisie het tydens die inhegtenisneming op ʼn 9 mm-pistool, ammunisie, skootrekenaars, selfone en ʼn wit Ford Ranger-bakkie beslag gelê.

Die verdagte sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Pretoria verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Danie ·

Dis uitstekende werk was seker n hindernis vir ander misdaad base.Verklaar sommer daai bakkie aan die staat dan kan die polisie nog privaat vervoer bevorder.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.