Perlemoenstropers hul buit kwyt

(Foto: Dark Water Ops/Facebook)

Vermeende perlemoenstropers kon daarin slaag om weg te kom, maar is hul toerusting en buit kwyt nadat die Valke, polisie en lede van ʼn veiligheidsmaatskappy toegeslaan het.

Lede van die Valke, polisie en die Dark Water Ops-veiligheidsmaatskappy is Saterdag in die vroeë oggendure na ʼn strand in Gqeberha nadat inligting ontvang is oor perlemoenstropery.

Volgens kapt. Yolisa Mgolodela, Valke-woordvoerder, was die vermeende perlemoenstropers besig om hul buit van ʼn rubberboot af te laai, maar het gevlug toe hulle die beamptes gewaar het.

Daar is op 26 sakke met 5 700 eenhede perlemoen, die rubberboot en duiktoerusting beslag gelê. Die waarde van die items waarop beslag gelê is, beloop sowat R1,2 miljoen.

ʼn Soektog is intussen na die verdagtes van stapel gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Hendrik ·

Vir die 1ste keer in jare op die toneel gevang. Moontlik is van die perlemoen nog herwinbaar. Gooi terug in die see. Die gemmeenskap kan baie meer oplettend en betrokke wees.

Waarnemer ·

Mag ek asb die rubber boot kry?….of gaan dit vir een of ander hogere minister geskenk word?

Marous ·

Hulle het klaar nuwe boot en toerusting van die sindikaat wat biljoene maak ontvang .

Casper ·

Soos gewoonlik het die stropers weggekom.Die boot moet verbeurd verklaar word aan die staat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.