Drie kinders uit Klerksdorpse huis gered

Klerksdorp Kindermishandeling

Hope vuil klere is deur die woning van die ouers besaai gewees. (Foto: Verskaf)

Tussen hope vuil wasgoed en verrotte kos het vrywilligers gedink dit is poppe wat op die bank lê, tussen nog vuil wasgoed. Dit was egter nie poppe nie maar twee sussies, onderskeidelik nege maande en drie jaar oud, asook hul tweejarige boetie.

Sommige van die vrywilligers verbonde aan die liefdadigheidsorganisasie Unchain Our Children, wat tot die kinders se redding gekom het, was geskok oor die haglike toestande waarin die blondekop kinders na bewering moes leef. Maroela Media verneem die kinders is met die hulp van ʼn maatskaplike werker uit die ouers se sorg geneem en in ʼn plek van veiligheid geplaas.

Unchain Our Children het te hore gekom van die beweerde haglike toestande in die huis en het die polisie en maatskaplike dienste ontbied. Daar is verlede week toegeslaan op die huis in die Dawkinsville-woongebied.

Die huis was glo vuil en afgeleef met min kos vir die drie sibbe. Die kinders was glo onversorg en bedek in hul eie ontlasting.

Klagte word ook ondersoek of die twee sussies moontlik verkrag is, maar dit is in hierdie stadium onbekend of die beweerde verkragting met die ouers se wete sou gebeur het.

Kapt. Aafje Bothma, polisiewoordvoerder in Noordwes, het bevestig die pa (38) en ma (21) is Vrydag in hegtenis geneem. Die ouers se identiteit kan nie bekend gemaak word nie om hul minderjarige kinders te beskerm.

Die man en vrou het Maandagmiddag vlugtig in die landdroshof op Klerksdorp verskyn op twee klagte van verkragting en drie van kinderverwaarlosing. Hulle bly tot later vandeesmaand in aanhouding wanneer hulle na verwagting om borgtog sal aansoek doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Boksombende ·

Mag die Here geregtigheid bring vir hierdie arme kinders! Dit walg my waarheen die land gaan sonder enige morele rigting en nagevolge vir wat teen ons kinders gedoen word.

Wielspore ·

Gedurende 1997 het ‘n soortgelyke voorval in Vanderbijlpark plaasgevind. ‘n Familie lid van ons het by die Kinderbeskermings eenheid gewerk en die welsyn bystaan om ‘n jong seuntjie en dogtertjie by hulle ouers weg te neem. Albei ouers was dwelm verslaafdes, twee kinders het ‘n dubbel bed matras gedeel wat op die grond lê. Die kinders se klere het op die vloer in die kamer rondgelê. ‘n Teef hond het kleintjies gehad op die klere en hulle daar versorg. Daar was oral in die huis honde mis, toilet was verstop met koerant papier, daar was muf tamatie skille op die wasbak, vuil eetgerei in die wasbak, geen meubels, geen yskas, net die huurhuis soos duer die werkgewer verskaf. Die kinders het nie gekies om in die wêreld te kom, skande en hartseer.

Dromer ·

Dis so bitter hartseer. 3 klein onskuldige kindertjies wat so moet ly. Dis bitter onregverdig wat met die 2 dogertjies gebeur het…. My hart gaan uit na hulle. Baie dankie aan almal wat opgetree het en die kleingoed uit daardie haglike omstandighede gered het.

Marietjie ·

WAT OP DEESAARDE!!! As jy nie kinders kan versorg nie, MOET NIE MAAK NIE!!!!

OU SAAR ·

Daai GOED kan dankie sê ek het nie op dit afgekom nie. Ek sou defntief nie verantwoordelik wees vir my dade nie.
Dit is verskriklik… Walglik

Amelia ·

Daar is wonderlike mense wat nie kan kinders kry nie, en dan kry jy hierdie tipe gespuis. Mag hierdie kindertjies by eersgenoemde uitkom en mag hulle sogenaamde ouers kry wat hulle toekom.

Tallies ·

Ek volg al vir ‘n paar jaar vir Pixie Pink Victim’s advocate op Facebook en ek maak ook maandelikse bydrae aan haar organisasie. Sy doen soortgelyke werk en werk saam met die polisie en maatskaplike werkers om kinders uit hierdie haglike omstandighede te red.

Hierdie mense doen goeie werk en ek hoop van harte dat die kinders wat nie vir hulself kan opstaan nie, deur die nodige bekwame persone “gered” sal word.

AH ·

Sluit die Ouers toe en gooi die sleutel weg. Ek hoop die drie kindertjies kry saam :n huis waar hulle oorlaai sal word met liefde. Dit is elke kind se reg om gekoester te word, nie ‘n voorreg nie.

bolletjie blom ·

Wat ek tot vandag nie kan verstaan nie is hoekom sulke mense gewoonlik ‘n string kinders het en mense wat bittergraag kinders wil hê nie kan kinder hê nie. Hoe sal die drie blonde koppies nie gedy het onder die regte aandag en liefde nie.

Connie ·

Dit Breek my hart!!! Nee! Nee! Nee! Al wat mens kan doen is om vir die arme kindertjies nou te bid. Dankie Vader dat daar ingryping gekom het, wie jy ookal is wat braaf genoeg was om die stilte oor die kinders te verbreek – DANKIE! Ons kan NIE wegkyk, ignoreer en stilbly nie julle!

Kensy ·

Ek dank die Vader dat die kinders uit daardie omstandighede gered is. Ek sidder egter om te dink dat daar nog sulke gevalle daar buite is waarvan ons nie bewus is nie. Die gemeenskap MOET meer opleteend wees en inlig word ten opsigte van hulle wettlike plig om verdagte/haglike omstandighed aantemeld.

Sues ·

Sulke persone moet nooit weer die kans kry om kinders te kry nie.
Alle persone wat aan kinder mishandeling, molestering, verwaarlosing skuldig bevind word of self as die welsy hulle kinders om welke rede ookal verwyder moet atomaties gesteriliseer word.
Dit sal baie probleme oplos, hierdie mense gaan net weer nog kinders kry waarmwe dieselfde gaan gebeur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.