Luister: Diaan Daniels gee wenke vir deftige drag

Die mode-ontwerper en televisiepersoonlikheid Diaan Daniels. (Foto: Jhua-Nine Wyrley-Birch/Maroela Media)

Met meer as 25 jaar se ervaring in die bedryf én ʼn oog vir elegansie vir verfyning, is die mode-ontwerper en televisiepersoonlikheid Diaan Daniels ʼn fontein van kennis wanneer dit by uitrustings vir spesiale geleenthede kom.

In dié nuwe podsendingreeks deel hy unieke en praktiese wenke wat enigiemand, van matriekleerders, tot ma’s van bruide, sal help om die perfekte uitrusting vir die volgende spoggeleentheid te kies.

(Foto: Ludvig Photography/Verskaf)

In die eerste episode gesels hy met Maroela Media oor matriekafskeidrokke en die tendense wat tans onder tieners gons. Hy waarsku ook teen foute wat meisies én hul ouers dikwels begaan in hul soektog na die perfekte uitrusting.

  • Luister na die volledige onderhoud boaan die berig.
  • Hou Maroela Media dop vir episode twee, waarin Diaan oor deftige drag vir mans gesels.
  • Besoek Diaan se webblad hier vir meer inligting oor sy ontwerpe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.