Maroela Media het op die stel van een van die episodes van die derde seisoen van die gewilde werklikheidsreeks “In die sop” gekuier.
Lees meerAlles vir Woensdag 8 Mei 2024
Bek-en-klouseer op Oos-Kaapse plaas aangemeld
Verskeie bevestigde gevalle van bek-en-klouseer is op ’n plaas naby Humansdorp in die Oos-Kaap aangemeld – die eerste keer in dié provinsie.
Solidariteit sê nee dankie vir dié loonaanbod
Solidariteit sê vaardige ambagslui op hoër loonskale sal ontsaglik benadeel word, sou hy dié loonaanbod aanvaar.
Man verdrink in sloot toe pyp bars
Water het die sloot opgevul. Die man kon egter nie vanself uit die sloot kom nie en sy kollegas kon hom ook nie uitgrawe nie.
Meer as 48 uur ná ineenstorting; geen reaksie van onder puin
Reddingswerkers op die toneel het intussen vitamien B12-aanvullings ontvang in ’n poging om hul kragte te herwin.
Aanlyn portaal het ‘onklaar geraak’, beweer partye
Uitspraak is Woensdag deur die Konstitusionele Hof voorbehou in die aansoek van politieke partye wat eis dat die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) sy verkiesingsrooster moet aanpas.
Duisende wag Olimpiese fakkel in Parys in
Die oordrag van die fakkel aan die wal van die suidelike hawe van Marseille sal die begin van ʼn 12 000 km-aflos oor Frankryk en sy verafgeleë oorsese gebiede verteenwoordig.
ToekomsVenster: Lyk vorentoe soos ʼn doodloopstraat?
Is jy op ʼn plek waar vorentoe soos ʼn doodloopstraat lyk? Die Gees tree vir jou in, die Gees pleit vir jou by die Vader, Hy is jou voorspraak by die Vader.
Trekklavier bring hoop, bekoor reeds vir byna 200 jaar
Wêreldtrekklavierdag word jaarliks op 6 Mei gevier en in Suid-Afrika is daar behoorlik hiervoor makietie gehou by die Drostdy-teater in Stellenbosch. Vanjaar se plaaslike verrigtinge was sommer ook eg Suid-Afrikaans.
Luister: Feesjaar gee erkenning aan vele fasette van Afrikaans
“Die lekkerste en opwindendste deel is die besef dat ons betrokke by die viering van ʼn mylpaal is wat eers weer oor 100 jaar herdenk word.”
‘Grootste ramp’ in George se geskiedenis
Reddingswerkers was Woensdag in ʼn stryd teen tyd gewikkel: hoe meer tyd verloop, hoe skraler raak die kans dat nog oorlewendes in die puin gevind sal word.
‘Citizen’-redakteur sterf ná lang siekbed
Amanda Watson was volgens The Citizen se hoofredakteur “die hart en siel” van die nuuskantoor.
Sekondêre notering vir Spar-groep
Sekondêre noterings op die A2X-aandelemark raak al gewilder. Altesaam 184 instrumente is reeds op dié mark genoteer.
Lewis skepties oor toekoms van verspring
“Ek dink nie ons kultuur maak kinders meer groot om hard te werk nie. Die ywer is net nie meer daar nie,” het verspringlegende Carl Lewis gesê.
Verbruikersake: Kies die regte versekering vir jou troeteldier
Dit is belangrik om troeteldierversekering by jou persoonlike finansiële beplanningsportefeulje in te sluit, aangesien die koste vir veeartsrekeninge begin meeding met dié van private gesondheidsorgkoste vir mense.
‘Game of Thrones’-akteur sterf ná kort kankerstryd
“Hy het sy verskriklike siekte met soveel dapperheid hanteer, sonder selfbejammering.”
DA verwerp LUR se poging om Gauteng-leerders se verkiesingskeuse te beïnvloed
Die DA sê aangesien sommige leerders deur die gebrek aan toegang tot skoon water geraak word, is dit belangrik om bewustheid hieroor te skep deur leerders toe te laat om meer insig in die oorsake en moontlike oplossings daarvan te kry, eerder as om die mislukkings van die ANC in die 30 jaar van demokrasie te versteek.
Gawe mense groter teiken vir kubermisdadigers
Kuberveiligheidsmaatreëls sluit deesdae nie net tegnologiese verbeterings in nie, maar ook menslike persoonlikheidstipes.
TikTok begin met hoftwis teen moontlike Amerikaanse verbod
Die VSA het streng beperkings op buitelandse eienaarskap van uitsaaimedia, maar die owerhede het tot dusver nie veel met internetplatforms gekarring nie.
Leinster nog nie afgeronde produk – Nienaber
“Ons het die Saints-wedstryd saam met die spelers hersien en daar is eerlikwaar nog ’n hele paar fasette van die spel waarin ons kan verbeter.”