Man verdrink in sloot toe pyp bars

Reddingswerkers op die toneel in Salt Rock. (Foto: IPSS Medical Rescue)

’n Kontrakteur het Woensdag verdrink terwyl hy herstelwerk in Salt Rock, noord van Ballito, in KwaZulu-Natal gedoen het.

Die man was glo besig om in ’n diep sloot te werk toe ’n waterpyp gebars het.

IPSS Medical Rescue sê die sloot het meegegee ná die pyp gebars het. Dit het veroorsaak dat die man tot by sy middellyf in sand vasgeval het terwyl die sloot met water opgevul het.

Die man kon nie vanself uit die sloot kom nie en sy kollegas kon hom ook nie uitgrawe nie.

Reddingswerkers is na die toneel ontbied waar paramedici én soek-en-reddingswerkers van IPSS Medical Rescue saam met onder andere Kwadukuza-brandbestryders en CERT-nooddiensbeamptes van Tongaat (Community Emergency Response Team) tevergeefs gespook het om die man vanuit die sloot te bevry.

Die man is eindelik op die toneel dood verklaar.

Reddingswerkers op die toneel in Salt Rock. (Foto: IPSS Medical Rescue)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Jy is reg Phillip. Wanneer sulke diep slote naby waterpype gegrawe word moet voorsorg getref word. Hierdie is nie die eerste geval nie.

Gerhardus ·

Waarom het hulle nie vir die man ‘n suurstofmasker opgesit, soos dié wat duikers, of brandweermanne, gebruik, om hom aan die lewe te hou terwyl hulle hom probeer bevry, nie? Die reddingswerkers is veronderstel om voorbereid te wees vir sulke tipe gevalle, aangesien dit nie die eerste keer is wat so iets gebeur nie. Kon nie één van die wat daar was om te help met die reddingspoging, aan so ‘n oplossing dink nie? Dit is skrikwekkend om te dink dat hulle maar net, sonder ‘n ordentlike plan, sal aanhou poog om die man te probeer red en dan maar net aanvaar dat hulle “alles” gedoen het wat hulle kon en die man dan moes verdrink terwyl hulle toekyk.

Cassie Carstens ·

Gerhardus jy vra die regte vrae. Hy het ‘n wrded en onnodige dood gesterf.

Di ·

TRAGIES! My innige meegevoel aan hierdie man se familie en vriende.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.