ToekomsVenster: Lyk vorentoe soos ʼn doodloopstraat?

(Foto: William Bossen/Unsplash)

“Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie.” – Romeine 8:26 (AFR83)

Hierdie misterieuse werk van die Heilige Gees gee ons moed vir die lewe. ʼn Mens kan inderdaad vra hoe dit dan werk. Die teks verwys ons na belangrike sake.

Ons weet nie hoe om te bid nie. Sommige mense het ʼn merkbare vermoë om mooi en inspirerende gebede te bid. Dit is inderdaad ʼn gawe en bemoedig ander wat daarna luister.

Gebed is ook meer as die formele, die tyd wat opsy gesit word vir gebed.

Gebed is allesomvattend, die sluit elke gedagtes, beweging, besluit en gedagtes in.

My en jou lewe is gebed.

My lewe, my menswees, bid. Dis wie ek is. Ek is ʼn bidder, meer nog, ek is ʼn aanbidder.

Ek is gemaak om te bid en te aanbid.

Gebed is bewustelik, maar ook onbewustelik.

Gebed is soos asemhaling. Mense wat asemhaal bid en aanbid, dan nie die lewende God self nie, dan die god wat hulle self skep.

Mense wat bid haal asem, gebed fasiliteer asemhaling.

Gebed is ʼn voorwaarde vir asemhaal, asemhaal is die voorspel tot gebed.

Terwyl dit alles waar is, leer die teks ons dat daar tye en omstandighede kom waar ons nie weet wat om te bid nie.

Ons praat hier van bewuste gebedsworsteling. Woorde ontbreek. Die moed ontbreek en jy wil somtyds eerder handdoek ingooi en ophou asemhaal.

Tog gebeur die nie omdat God ook deur die ervaring van worsteling met elkeen van ons op pad is.

Dit is in sulke omstandighede dat ʼn mens die Vader kan herinner daaraan dat die Gees met onuitspreeklike versugtinge namens ons bid.

Die Gees verwoord wat ons nie onder woorde kan bring nie. Die Gees weet wat die wil van God is en dit by ons tuisbring. Die erns waarmee die Gees hierdie besondere taak verrig word met die woord “pleit” beskryf. Ek weet nie hoe dit werk nie.

Ek weet net dat die Bybel sê dit is wat gebeur.

Is jy op ʼn plek waar vorentoe soos ʼn doodloopstraat lyk?

Die Gees tree vir jou in, die Gees pleit vir jou by die Vader, Hy is jou voorspraak by die Vader.

ʼn Bietjie geduld is dalk al wat nodig is.

  • Wil jy meer weet oor die ToekomsVenster-projek? Stuur ʼn e-pos aan ds. Jannie Pelser by [email protected] vir nog inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.