Soorte resepte:

Resep: Omelet met drie kase

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Pexels)

Die perfekte ontbyt waarmee die jongspan Ma kan bederf.

Genoeg vir 1

Bestanddele

  • 2 eiers, geskei
  • 1 e. (15 ml) Clover-gouda, gerasper
  • 1 e. (15 ml) Clover-cheddar, gerasper
  • 1 e. (15 ml) Clover-swartpeperfeta, gekrummel
  • 1 e. (15 ml) Clover Mooi River-botter
  • 1 t. (5 ml) sonneblomolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • paprika
  • gesnipperde grasui

Metode

  1. Plaas die eierwitte in ʼn skoon, droë mengbak en klits tot stywe punte vorm. Hou eenkant.
  2. Klits die eiergele en gouda saam en geur met sout en peper. Verhit die botter en olie in ʼn pan wat in die oond gebruik kan word.
  3. Vou die eierwitte versigtig by die eiergeelmengsel en giet in die warm pan. Smeer die mengsel gelyk.
  4. Strooi die cheddar en feta oor die omelet en bak vir 2 minute. Plaas die pan onder ʼn verhitte oondrooster-element vir 2 tot 3 minute, of totdat die kaas gesmelt het.
  5. Verwyder uit die oond en vou die omelet met ʼn eierspaan in die helfte.
  6. Skep dit op ʼn warm bord en strooi paprika en gesnipperde grasui oor.

Bron: Trooskos

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.