‘Verbeterde kapasiteit’ laat SA op fase 3

(Foto: Maroela Media)

Fase 3-beurtkrag sal tot Donderdag om 16:00 ingestel word, het Eskom Maandag gesê.

Dit word toegeskryf aan ʼn effense verbetering aan beskikbare opwekkingskapasiteit in die kragnetwerk.

Altesaam 12 889 MW is egter steeds weens onklaarrakings onbeskikbaar, terwyl 7 115 MW aan beplande instandhouding toegestaan word.

Sowat 1 000 MW sal na verwagting tussen vandag en Donderdag beskikbaar word namate opwekkingseenhede weer in werking kom.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Di ·

BEURTKRAG sal NOOIT weer heentemal afgeskaf kan word in DIE land nie, dis verseker!

Ryan ·

En STEEDS, na jare, is daar 20,000 +mw onbeskikbaar op enige gegewe oomblik!

Samuel ·

Di, ek stem saam met jou. Selfs al sou Eskom dit regkry om ten volle operasioneel te wees, sal die infrastruktuur om die krag by die netwerk te kry, nie bruikbaar wees nie. Alles is kapot.

Danie ·

Vir hoe lank. n paar uur, n dag nee wat Eskom julle is laer as slang bollie in jul woord. Julle is seer sekerlik die mees onbekwaamste maatskappy in die wereld. Dit is net jammer dat die goeie mense wat nog vir julle werk se naam aan julle vrotsige bestuur gekoppel word.

hpven ·

Jare gelede het iemand gesê, as die ANC oorneem kry vir jou sonkrag, boor’n boorgat vir eie water, grawe ‘n puttoilet en skaf ‘n vuurwapen aan……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.