Blitsbokke struikel in tweede helfte

Die Blitsbokke het goed teen Frankryk en Samoa gespeel, maar hulle sal teleurgesteld wees dat hulle nie die wa deur die drif teen Australië en Argentinië kon trek nie. (Foto: X/Blitsbokke)

Die Blitsbokke het in die tweede helfte van hul uitspeelwedstryd om die vyfde plek teen Argentinië in Singapoer die bal laat val.

Die Suid-Amerikaners kon ʼn rustydagterstand van 10–0 uitwis om uiteindelik met 14–10 te wen. Sodoende is hulle as die ligawenners aangewys; ʼn eerste keer in Argentynse sewesrugbygeskiedenis.

Tog was dit die Blitsbokke wat die wedstryd met oorgawe begin het.

Tiaan Pretorius en Shakes Soyizwapi het drieë gedruk, maar die Suid-Afrikaners sal beslis aan hul skopvaardighede moet werk; hulle smyt hopeloos te veel punte met verbroude skoppe weg.

Net soos in die vyftienmanweergawe van die spel is ʼn betroubare skopper ook in die blitsformaat sy gewig in goud werd.

Argentinië het sy pad in die tweede helfte oopgeveg en twee vinnige drieë het die Blitsbokke uiteindelik gekelder.

Blitsbok-afrigter Philip Snyman het ná die bekerkwarteindstryd teen Australië gesê dat sy span beter besluite op die veld sal moet neem.

En hulle het vanoggend weer eens ʼn paar ongedwonge foute gemaak wat uiteindelik in punte vir hul teenstanders uitgeloop het.

Blitsbok-uitslae in Singapoer:

31 – 7 teen Spanje

15 – 10 teen Samoa

20 – 19 teen Frankryk

24 – 29 teen Australië

10 – 14 teen Argentinië

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

piet ·

Pateties. Sal hulle naam moet verander want beslis nie meer blitsbokke nie. Van die stadigste spelers in die toernooi, speel ook teen ‘n vertraagde spoed (negatief, verspil tyd ensovoorts en skop ook meer as ander spanne. Hulle huidige spanpatroon werk nie.

Theuns ·

Kies BESTE span nie polities korrekte stadige grappies wat dink hul is rugbyspelers nie.
SIES MAN! Banana banana of proteas maar NIE blitsbokke

Kroo ·

SA spelers skop grootliks weens n gebrek aan selfvertroue !

Geen van ons afrigters leer ons spanne om NIE te skop vir die laaste minuut van n kritiekte punt in n wedstryd nie. Ons span het baie verbeter en moes die semi- finaal gehaal het !
Die beginsel is maklik leer spelers om aan te val en te verdedig — tot hulle vertrou word !
Dan moet hulle leer om NOOIT te skop nie — maar met voorbehou — SOOS IN OORLOG — sal n goed opgeleide speler wel weet wanneer hy MOET skop om te wen of sy span te red ! — maar nooit weens n selfvertroue tekort nie — Kyk maar — wat ons spelers doen !

kragaap ·

Nog baie skade van die vorige oorhoopse afrigter wat herstel moet word. Ten minste verloor hul nie meer teen Spanje nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.