Dié vervaardiger van luukse motors het in 2023 die grootste getal motors in die maatskappy se geskiedenis van 119 jaar gelewer.
Lees meerAlles vir Maandag 8 Januarie 2024
Loop katvoet vir stormweer, sê Tshwane-nooddienste
Die Stad Tshwane se nooddienste doen ʼn beroep op Pretorianers om hulle te staal vir moontlike ontwrigtende reën Maandagaand.
Nzimande kap terug na ‘kwaadwillige Outa-verslag’
“My gewete is skoon en ek het niks om weg te steek nie.”
Resep: Kiwi-braaihoender met brandsous
Toets jou braaivernuf met hierdie unieke hoenderresep.
Haastige motoris teen 225 km/h gestuit
Altesaam 19 spoedvrate is sedert die begin van Desember op die paaie van Limpopo in hegtenis geneem.
Vrou by munisipale kantoor in Strand doodgeskiet
ʼn Onbekende man het die vrou te voet genader, waarna hy twee vuurwapens uitgehaal, verskeie skote op haar afgevuur en toe weggestap het.
Woedende Duitse boere terug strate toe
Dié samekoms van boere is egter net die begin van verskeie betogings deur ongelukkige werkers regoor Duitsland.
Te min geld vir junior dokters, maar staat wil NGV bedryf
Solidariteit sê die regering se “vals stellings” oor die stand van die gesondheidsektor in sover dit die dokters wat hy in diens neem betref, laat gevaarligte flikker as dit kom by die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV).
Vrystaatse ingenieur ontvoer, vermoor
ʼn Ingenieur van die Beatrix-goudmyn op Theunissen in die Vrystaat is Sondag dood aangetref nadat hy vroeër die naweek by sy huis ontvoer is.
Plaaspatrollie stuit diefstal van duisende rande se vee
Die drie mans was Vrydag in die vroeë oggendure besig om ʼn trop skape aan te jaag toe patrollielede op hulle afgekom het.
‘Heroorweeg besluit oor slegs Engels-regseksamen’
Die DA en AfriForum het ʼn beroep op die Regspraktykraad gedoen om taalregte uit te brei, eerder as om dit uitsluitlik tot Engels te beperk ná ʼn onlangse besluit deur die raad dat die toelatingseksamen vir kandidaatprokureurs voortaan net in Engels afgelê mag word.
1996 het gebel … en hy soek sy kalender terug
1996 en 2024 is skrikkeljare wat albei op ʼn Maandag begin, wat beteken jy kan gerus jou stokou kalender uit die onderste laai gaan opgrawe en weer ophang.
Misdaadklag teen Nzimande kom; NSFAS-raad ook verkla
John Steenhuisen sê weens “die president se ingebore lafhartigheid” om iets oor die situasie te doen, het die DA dit op homself geneem om stappe te doen teen diegene wat by die beweerde patronaatskapnetwerk in die departement van hoër onderwys betrokke is.
Emile Swiegers kerf eie musiekpad in Afrikaans
“Al het ek nie gedink ek gaan presies soos my pa wees nie, het ek as mens en musikant nog altyd my eie identiteit gevorm en my eie ding gedoen, al het ek deur ʼn paar fases gegaan.”
Foto’s: Bekendes sjiek, stylvol by Golden Globes
Bekendes soos Julianne Moore, John Krasinski, Selena Gomez, Heidi Klum en “Saltburn” se Barry Koeghan was in rooi getooi – duidelik ʼn gunsteling-kleur vir die geleentheid.
Laatnag-skietery by Ugie eis vier
Daar is glo met gewere en handwapens op die vier mans in die voertuig losgebrand. Die motief is egter onbekend.
Blinken na Israel vir taai gesprekke oor Gaza
Die vrees bestaan dat die konflik tussen Israel en militante van Hamas nou verder in die streek sal uitkring nadat al hoe meer voorvalle van geweld in naburige lande opgemerk is.
Boksburg-man vermoor; huis aan brand gesteek
Die boosdoeners het daarna met sy voertuig, ʼn Honda Civic – wat steeds vermis word – weggejaag.
Nkandla: Mbalula erken ANC jok destyds in parlement
“Ter verdediging van ons president het ons na die parlement gegaan en ʼn ad hoc-komitee op die been gebring en gesê ʼn swembad is ʼn vuurpoel …”
Klaasen klaar met toetse
“Dit is ʼn baie moeilike besluit want dit is verreweg my gunstelingformaat van die spel,” het Heinrich Klaasen in ʼn verklaring op sosiale media gesê.